Bulletin 12 Maart 2023

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Albé Theunissen
Tema: Dawid ‘n man na God se hart

VANDAG
VIERDE LYDENSWEEK
09:00 Erediens
Deuroffers: Sentrum van Hoop
KATEGESE
Tee na afloop van erediens

DINSDAG 14 MAART
10:00 – 11:00 Vrouebybelstudie
Kontak Ilsa 084 279 1797

DONDERDAG 16 MAART
09:00 Biduur Gottlandhuis

VOLGENDE SONDAG 19 MAART
VYFDE LYDENSWEEK
09:00 Erediens
Deuroffers: Teologiese Kweekskool
Imagine Tienerfees (Gr8-12)
TUISNAWEEK GEEN KATEGESE

KERKKANTOOR GESLUIT
Neem asseblief kennis dat die kerkkantoor op die volgende datums gesluit sal wees:
13-15 MAART – Kerkkantoor gesluit vir Jaarlikse Oudit
20 MAART
29 – 30 MAART

VERJAARSDAE 80 +
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
14/03 Niel Truter
18/03 Stef Steffens

ATTESTATE
Attestate is van die volgende lidmaat ontvang, ons vertrou hy sal gelukkig wees in ons Gemeente:
Doop Lidmaat: Campher Janroux

NUWE BANKBESONDERHEDE
Weens hoë bankkostes het die Kerk besluit om te skuif na FNB Bank.
Geliewe asb die nodige veranderinge by u bank aan te bring, aangesien FNB vanaf 31 Maart 2023 in werking sal tree en die ander bankrekeninge nie meer in gebruik sal wees nie.
FNB
NG Moedergemeente
Rek nr.: 63038755352
Takkode: 210554

Daar is besluit om die basaar uit te stel tot 6 MEI 10:00
Ons benodig dringend die volgende bestanddele:
Koekmeel & Bruismeel, Eiers, Kookolie, Wit asyn,Bakpoeier, Suiker, Margeriene (bak), Wit Olifante, Vleis, Rys, Maalvleis, Aartappels, Gemengde groente, Hoender, Poeding, Koeke, Terte, Kleinkoekies & beskuit, Vars melk, Boksie melk, Koffie, Tee en Nescafe Cappucino sakkies koffie. Kontak asb vir Jan Loubser @ 072 619 1019

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as die R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit). Koeverte is in die portaal of by die Kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die Erediens of in die week by die Kerkkantoor ingehandig word.

LIEFDE LEEF PROJEKTE:
Daar is asseblief groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv. koffie,suiker,tee,soutvleis, ontbytpap, ens. Enige ander skenkings van komberse, lakens, gordyne, handdoeke en klere sal ook waardeer word.
Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb.
Dit is ‘n deurlopende projek. U kan dit by die Kerkkantoor of die Kerk ingee wanneer dit vol is.
Dankie vir u wonderlike ondersteuning.

Leraar: Ds Albé Theunissen Sel: 082 928 3561 Epos: albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels Sel: 082 770 9995
Skriba: Elzanne Kruger Tel: 044 272 3130 Epos: skriba@moeder.co.za
Facebook: Oudtshoorn Moedergemeente Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandae: 10:00 – 12:00; Dinsdae tot Vrydae: 09:00 – 12:00 WhatsAppnr 062 969 8718