Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.
LIEFDE LEEF MAAND
Ds Albé Theunissen
Tema: Ek wil nie Kerk toe gaan nie
Teks: Hebreërs 10:19-25
VANDAG
Biddag vir Opvoeding & Onderwys
09:00 Kinderdiens & Kinderdankoffers
Deuroffers: Gemeente Jeug
KATEGESE
Tee na afloop van erediens
VOLGENDE SONDAG 19 FEBRUARIE
EERSTE LYDENSWEEK
09:00 Erediens
Deuroffers: Bediening aan Dowes
GEEN PEUTERKERK & KATEGESE
TUISNAWEEK
KERKKANTOOR IS GESLUIT DINSDAG & WOENSDAG (14 & 15 FEBRUARIE) A.G.V. OPSTEL VAN BEGROTING
MOEDERMARK
Die 18de Februarie is die eerste mark!
Kostes R50 per stalletjie betaalbaar op dag wat mark plaasvind. Elke huurder bring sy eie tafel/gazebo.
Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Nettie van Zyl
Yvonne Jooste
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.
Meegevoel aan: Oom Jan en tannie Cynthia Engels en Familie met die heengaan van Lulu Spies

KOMMISSIEVERGADERINGS
Personeelbediening: Dinsdagaand, 21 Februarie, 17:30 in die Kerkkantoor.
Fondsebediening: Dinsdagaand, 21 Februarie, 18:00 in die Kerkkantoor.
Kerkraadsvergadering: Maandagaand, 27 Februarie, 18:00 in die Braaikamer.
EERSTE KWARTAAL BELANGRIKE DATUMS
LYDENSTYD – 22 Februarie – 9 April
3 MAART – Wêreldbiddag vir Vroue
4 MAART – Wêreldbiddag vir Mans
3 – 5 MAART – Kinderkamp (Gr4-6)
13-15 MAART – Kerkkantoor gesluit vir Oudit
17-20 MAART – #Imagine Tienerfees
25 MAART – Basaar

GEMEENTEKAMP BY OPPI-DAM 21-23 APRIL 2023
Ons wil graag ‘n opname maak wie van Moedergemeente gaan saam kamp. Kostes vir kampstaanplek beloop R200 p/volwassene, kinders 14-18 is R100 p/p en kinders onder 13 is gratis. Laat weet asb vir Elzanne by die kerkkantoor @ Maandag 13 Februarie wie saam gaan kamp. Daar is ook beperkte Huisies en Chalets beskikbaar, pryse hiervoor beskikbaar op navrae. Mense wat in huisies gaan, moet self bespreek en betaal by Oppi-Dam. Daar is net 4 eenhede beskikbaar.
HELP ASSEBLIEF
Oom Freddy is opsoek na ‘n geleentheid na Kaapstad op 20 Februarie. Indien iemand weet van ‘n geleentheid, kontak asb die kerkkantoor
Die Kerk kalenders het gekom en is beskikbaar by die Kerkkantoor gedurende kantoorure: Maandae 10:00-12:00 en Dinsdae tot Vrydae 09:00-12:00. Lidmate wat die kalender elektronies wil ontvang, moet asseblief die Kerkkantoor kontak.
LIEFDE LEEF PROJEKTE:
Die noodspens is redelik leeg. Daar is asseblief groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv.; koffie,suiker,tee,soutvleis, ontbytpap …
Enige ander skenkings van komberse, lakens, gordyne, handdoeke en klere sal ook waardeer word.
Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

Leraar: Ds Albé Theunissen Sel: 082 928 3561 Epos: albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels Sel: 082 770 9995
Skriba: Elzanne Kruger Tel: 044 272 3130 Epos: skriba@moeder.co.za
Facebook: Oudtshoorn Moedergemeente Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandae; 10:00 – 12:00 Dinsdae tot Vrydae: 09:00 – 12:00
WhatsAppnr 062 969 8718