Bulletin 12 – 18 September 2021

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Tema: In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem. Teks: (Hand 11:26)

VANDAG
Biddag vir Melaatses
Toerustingsondag
09:30 Erediens
Deuroffers: Gemeentefonds
Kategese gr 11 na erediens in Skooltjie

VOLGENDE SONDAG
09:30 Lofprysingsdiens
Deuroffers: Gemeentebediening

Verkiesing van Kerraadslede
Op ‘n kerkraadsvergadering gehou op Dinsdag, 7 September, is die volgende lidmate tot die kerkraad verkies:
Ouderlinge:  Ries Dempsey, Manus Blignault, (herkies) en Ben Meyer, Franswa Stassen, Marianna Stassen (verkies)
Diakens:  Michael van Deventer, Isma van Tonder, Riaana van Deventer, Louise de Wet, Elaine Martin (herkies) en Francina Gerber, Annalize van Heerden (verkies)

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
12/09 Ria Bergh
15/09 Joyce Stears
15/09 Miriam Viljoen

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Jacomina Graham
Deon Grobler
Elizma Brits
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.

Meegevoel:
met Dannhauser Hough en kinders met die afsterwe van sy vrou Rolien Hough. (Troosdiens vanoggend na erediens.)

GEESTELIKE NOOD?
Jy is baie welkom om ons leraar, ds Smuts van Rensburg, te kontak in geval van geestelike nood,  of as jy ‘n woord van bemoediging nodig het, of vir pastorale begeleiding (berading), of as jy soek na geloofsekerheid, of as jy navrae oor die Bybel het, of sommer net as jy wil hê dat hy vir jou ‘n gebed moet doen.

BEROEPING NUWE LERAAR
Die kerkraad is tans besig met die proses om ‘n nuwe leraar te beroep, om ds Smuts se pos te vul na sy aftrede einde Januarie 2022, DV. Die Gemeente se volgehoue VOORBIDDING word gevra – mag die Here dié leraar wat Hy vir ons bestem het, na ons bring.

DANKOFFERS
Die afgelope 18 maande het in vele opsigte nuwe eise aan die gemeente en die bediening gestel. Die gemeente het agv covid en die inperkingsmaatreëls ook te doen met finansiële uitdagings.
Vandag wil ons aan die Here al die dank en eer gee, omdat Hy getrou is en deur alles heen sorg, lei en voorsien! *Baie dankie aan lidmate wat nog al die pad getrou is in die gereelde gee van dankoffers, ongeag die moeilike omstandighede.
*  Baie dankie aan lidmate vir inisiatiewe, harde werk, skenkings en ondersteuning met al die deurry-verkope! Terwyl ons nie kan basaar hou nie, help al hierdie pogings om die emmer bietjie vir bietjie vol te maak.
*  Lidmate kan steeds offergawes op die volgende maniere gee: offers tydens eredienste, betaal offers by die kerkkantoor in (kaartfasiliteite beskikbaar), plaas offers in koevert en gooi in posbus langs deur by kerkkantoor (posbus is ‘n kluis), teken ‘n debietorder by bank, plaas oor per EFT (kontak skriba vir navrae.)

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

BASAAR
Saterdag 30 Oktober 2021 om 11:00. Moenie dit misloop nie!

U besluite is magtig, U dade groot. U sien alles
wat die mense doen. U gee aan elkeen wat hom toekom,
U beloon elkeen volgens sy dade.

– Jeremia 32:19 –

Leraar:    Ds Smuts Janse van Rensburg:    Tel: 0442791679 :    Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 :    Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 :      Epos: ngoud@mweb.co.za :      www.moeder.co.za