Bulletin 11 September – 15 Oktober 2022

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Kanselruiling:
Welkom aan Ds Francois du Plooy van De Rust

VANDAG
09h30 Erediens – Toerustingsondag
Deuroffers: Gemeentebediening
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens.
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Tee na afloop van erediens in Skooltjie

MAANDAG 12 SEPTEMBER
18h00 Kerkraadsvergadering

DONDERDAG 15 SEPTEMBER
09h30 Biduur Tuishuis

EREDIENSTYE
Vanaf 16 OKTOBER begin die eredienste om 09:00

VOLGENDE SONDAG 18 SEPTEMBER 09h30
Erediens-Lofprysingsdiens Deuroffers: Gemeentefonds
Kategese
Tee na afloop van erediens in Skooltjie

Ds Albé is op Predikante VBO kursus 19-21 September. Manus Blignault kan gekontak word vir hulp: 082 968 3675

SATERDAG 24 SEPTEMBER
Wilde karoo trail run te Tsumkwe

SONDAG 25 SEPTEMBER
09h30 Erediens
Deuroffers: Gemeentebediening Kategese

Ds Albé is met verlof 6-9 Okt Kontak Manus (082 968 3675)

DONDERDAG 13 OKTOBER
09:00 Biduur Tuishuis

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….

Ons bid vir die lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Lucinda Spies – goeie vordering – bid asb vir herstelproses en terapie
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.
Meegevoel aan: Doepie Arndt en Betsie Swarts met die afsterwe van hul suster.

Iemand siek of in die hospitaal?
Kontak asb vir ds Albé 082 928 3561.

ATTESTATE
Attestate is van die volgende lidmate ontvang, ons vertrou hulle sal gelukkig wees in ons Gemeente:
BARNARD Petrus Johannes & Catharina Frederika Johanna Susanna (Joubert) vanaf Knysna
MEYER Johannes vanaf George-Bergsig

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. U sal dan so gou moontlik besoek word.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr ,telefoonnr of adres verander.

NOODSPENS:
Baie dankie vir getroue bydraes. Enige skenking, al dink u dis gering, maak ‘n groot verskil in iemand anders se lewe.

HULP: Wilde Karoo & Basaar
In die lig van die Pretstap en basaar wat voorlê benodig ons die volgende bestandddele asb.
Bestanddele vir die volgende tafels: Pannekoek, poeding, kerrie en rys, vetkoek, slaaie vir ete, kindertafel, hulp by die tafels ens

BANKBESONDERHEDE – NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank Rek no 1752044630,

Leraar: Ds Albé Theunissen   Sel: 082 928 3561    Epos:albe@moeder.co.za
Koster: Jan Engels   Sel: 082 770 9995
Tydelike Skriba: Marianna Stassen   Tel: 044 272 3130    Epos: skriba@moeder.co.za
Facebook: Oudtshoorn Moedergemeente               Webwerf: www.moeder.co.za
Kantoorure: Maandag, Woensdag & Vrydag: 09h00 –11:00