Oorwinningsdiens 28 Oktober 2018

OORWINNINGSDIENS!
Sondag, 28 Oktober 2018 om 9:00 by NG Moedergemeente

Daar is baie mense en gesinne wat in die greep is van kanker en ander ernstige siektes. Baie word daardeur geraak. Almal word nie weer gesond nie, maar tog sê die Bybel vir ons: Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. (ROMEINE 8:37)
Ons nooi u uit (ook naasbestaandes) om saam ook dié oorwinning te beleef uit die Woord ondanks siekte en omstandighede en ‘n kers aan te steek om dit te vier.
Offergawes: KANSA