Geskiedenis - NG Moedergemeente Oudtshoorn
Print E-mail

Kerk in aand

Die dorp George is gevestig in 1811, en het die omgewing ingesluit waar Oudtshoorn vandag staan, wat deel uitgemaak het van die landdros en kerklike distrik. In 1813 het ‘n vesting van boere in die Kango-vallei hulle eie kerk versoek. In 1839 is ‘n klein kleibaksteen en riet kerkgebou opgerig op grond wat geskenk is deur Cornelius Petrus Rademeyer, op sy plaas “Hartenbeestenfontein” – naby waar Bokomo vandag staan. Dienste is gelei deur of ‘n ouderling, of deur die besoekende dominee van George.

 

In 1847 is 500 waterlei erwe uitgelê langs die Grobbelaarsrivier. Hierdie vestiging van die dorpie Oudtshoorn het aanleiding gegee tot ‘n versoek vir ‘n eie gemeente in 1853. In 1857 is die landdrosdistrik verklaar, en later het die gemeente ingestem tot die oprig van ‘n nuwe Nederduitse Gereformeerde kerkgebou, want die ou een was te klein. In November 1859 is die planne van George Wallis aanvaar, en werk het begin aan die nuwe kerk. 3800 Skotse klipkappers is ingevoer deur die Kaapse regering om te help bou aan regerings en staatsgeboue, en van hulle is aangestel om die nuwe kerk te bou, deur gebruik te maak van plaaslike sandsteen. Die hoeksteen van die kerk is gelê op 15 Januarie 1861.

 

 

Kerk word gebou

 

 

Daar was ‘n knellende droogte in die vroeë 1860’s, en in 1863 is werk aan die kerk gestaak om twee redes: daar was ‘n tekort aan geld, en daar was ‘n vier voet verskil tussen die mure en die dak, blykbaar omdat Wallis se planne verkeerd gelees is.

 

Carl Otto Hager is in 1876 aangestel om die probleem reg te maak, en werk is weer begin aan die kerk. Die gebou is voltooi, en die inwydingsdiens is gehou op 7 Junie 1879.

 

Die eerste plaaslike predikant van die N. G. Kerk was Ds T. J. van der Riet, wat hier begin preek het op 3 Mei 1857, vir ‘n gemeente van 1403 lede. Hy is opgevolg deur Ds G. W. Stegmann (wat gedien het vanaf 1880 tot 1891), en hy is weer opgevolg deur Ds George Murray (seun van die beroemde Ds Andrew Murray), en hy het gedien vanaf 1892 tot 1911.

 

 

Vensterwerk in kerk

 

 

The pastorie is voltooi in Mei 1892,en die eerste inwoners was Ds Murray, sy vrou, en hulle sestien kinders. Beide die kerk en die pastorie is vandag nasionale monumente.

 

In 1881 is die Christelike Jeugvereniging gestig, en ‘n behoefte het ontstaan aan ‘n bymekaarkomplek. Die saal langs die kerk is voltooi in Mei 1895 teen ‘n koste van £1000. Hierdie gebou is later gebruik as die kerksaal.

 

Die sagte sandsteen leen homself uitstekend daartoe aan fyn kerfwerk, soos gesien kan word op die preekstoel. Die engele rondom die preekstoel is gemaak in Skotland, vanaf twee foto’s van plaaslike meisies, wat gestuur is om te verhoed dat die engele “Europees” lyk. Ses engele is bestel, maar slegs vyf het hier aangekom. Die totale koste van die preekstoel was £799.

 

Engele
 

Die ontwerp van die kerk is eklekties (‘n “mengsel” in argitektuur terme), en is primêr Neo-Goties. Die kurwes en loodglas vensters was kenmerkend van hierdie styl.

 

Die banke is gemaak van Oregon dennehout. Die dakbalke en plafon is gemaak van Australiese kiaat. Die voorkant van die orrel is gemaak van Skandinawiese Geelhout. Daar is 73 dekoratiewe orrelpype, waarvan slegs 24 eintlik werk. Daar is in totaal 1349 pype. Die klein oorspronklike traporrel is ingevoer in 1899, en is agter die preekstoel. Na die restorasie werk in 1972, is ‘n nuwe orrel installeer.

 

Kansel en orrel

Die buitekant van die kerk is ook van tipiese Neo-Gotiese ontwerp. Die eindpunte van die geute is versier met dekoratiewe drogbeelde (“gargoyles”).

 

Ons glo dat hierdie pragtige kerk en die gemeente, te danke is aan ons God, op wie ons vertrou om ons te beskerm. Hy het hierdie gemeente gelei en beskerm vir meer as 150 jaar, en ons sien daarna uit dat hierdie kerk sal bly voortbestaan vir ten minste die volgende 150 jaar.

 

Die gemeente word tans bedien deur twee dominees: Ds Gerrit van Schalkwyk, en Ds Schalk Kotzé. Indien u enige verdere vrae het, voel asseblief vry om ons kerkkantoor te kontak tydens werksure, by telefoonnommer (044) 272-3130, of by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

Kalender

<<  October 2014  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
    1  2  3  4  5
  6  7  8  9101112
13141516171819
202122232526
2728293031  

Besoekers Aanlyn

We have 2 guests online
NG Moedergemeente Oudtshoorn, Powered by Joomla!; Joomla templates by SG web hosting