Bulletin Sondag 28 Februarie 2021

BULLETIN SONDAG 28 FEBRUARIE

Mag Moedergemeente se lidmate almal ‘n geseënde Sondag beleef!

Vandag is die begin van die DERDE LYDENSWEEK. Ons oordink in die Lydenstyd die pad wat Jesus geloop het om vir ons sondes versoening te bewerk.

KATEGESE: Dankie aan ouers wat hul kinders terugbring kategese toe. Ons bid en vertrou dat die getalle sal toeneem. Onthou, kategese is tans dieselfde tyd as die erediens, nl 09:00. En onthou asb om die kerkkantoor voor/op Donderdag te laat weet as jou kind kategese gaan bywoon (gee naam en graad). Dit help ons met beplanning vir die Sondag.

Vanoggend is daar twee eredienste 09:00 & 10:00 (vir 50 persone elk). Die tweede diens is spesifiek vir die 8 seuns en dogters wat belydenis van geloof aflê, en hulle geliefdes. Ons dank die Here vir sy werk in die lewe van hierdie kinders. Bid asb vir hulle, dat hulle in die geloof sal volhard.

Eerskomende Vrydag is WÊRELDBIDDAG VIR VROUE. Die gemeentes op Oudtshoorn hou gewoonlik saam ‘n byeenkoms waar vroue saamkom om te bid. Noord Gemeente is hierdie jaar verantwoordelik vir die reëlings. In die lig van Covid is daar nie hierdie jaar ‘n fisiese byeenkoms nie. Noord Gemeente gaan wel ‘n Youtube beskikbaar stel as gids vir voorbidding. Ek gaan die Youtube skakel uitstuur, en nooi alle vroue om saam te bid.

Saterdag is weer WÊRELDBIDDAG VIR MANS. Ek gaan ‘n gebedsgids uitstuur, en nooi alle mans om Saterdag ‘n tyd vir gebed in te ruim.

Ons gaan steeds voort met hulpverlening aan mense in nood. Baie dankie vir bydraes aan die noodspens! Julle bydraes help mense om te oorleef en om nie moed te verloor nie. Bydraes vir die noodspens kan by die kerkkantoor afgegee word. (bv nie-bederfbare of gevriesde kos, ens)

Ons eerste deurry-wegneemete was ‘n groot sukses. Lidmate het spontaan skenkings gemaak. Daar is fluks en vrolik gewerk. Dit was lekker om mekaar met die deurry te sien en ‘n geselsie aan te knoop. En ons het boonop R13060 ingesamel. Dankie vir skenkings, harde werk en ondersteuning. Aan die Here al die dank en eer!

Bid asb vir die volgende siekes – julle gebede vir hulle is kosbaar!

– Stanley van Rensburg

– Sidney Stander

– Cynthia Engels

– Cecilia Gerber

– Johan Lategan

– Lucia Greeff

– Almal in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.

DANKOFFERS:

Baie dankie aan elke lidmaat wat getrou dankoffer bring. Ja, hoe kan ons genoeg dankie sê vir Jesus, vir sy lyding en sterwe waardeur ons losgekoop is van ons sondes.
Lidmate kan steeds offers gee deur betaling per EFT, of inbetaling by kantoor, of betaling deur dienswerkers aan die kantoor, of per aftrekorder.

Ons bankbesonderhede is:
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank Oudtshoorn Tjekrekening, Rek no 175 204 4630

Geseënde Sondag vir julle almal!