Bulletin 9 Augustus 2020

MOEDERGEMEENTE BULLETIN:

🙏 Bid asb vir hulle wat hierdie week in die hospitaal was/is, of wat behandeling ontvang:
Renier O’Neale, Cynthia Engels, Nicky Meyer wat al weke lank in die ICU in Bayview is (nie Covid-19 nie, maar sy is baie siek). Laat weet asb as jy van iemand weet wat siek/in hospitaal is.

Bid asb ook vir almal in siekeboë van tehuise en aftreeoorde.

✝ Meegevoel met Lucinda Marx en haar familie met die afsterwe van haar vader.

🙏 Dankie aan almal wat die afgelope week getrou voorbidding gedoen het n.a.v. 1 Tim 2:1 (soos gevra in daaglikse sms’e). Kom ons volhard ook in die weke wat kom in ons voorbidding vir die verskillende sake en vir mekaar.

☎️ Kontak my (ds Smuts) asb as u geestelike hulp, bemoediging, gebed, ens nodig het.

📌 Die dagbestuur van die kerkraad vergader hierdie week weereens om te besin oor aktiwiteite (eredienste, kategese, ander byeenkomste, kerkkantoor, vergaderings, ens) tydens grendeltyd. Die kerkraad oorweeg dan (per whatsapp), soos altyd, die aanbevelings van die dagbestuur.
Daar moet in besluitneming met soveel faktore rekening gehou word: regulasies (wat wetlike voorskrifte is), ons gemeente se ouderdomsprofiel (gemeentes verskil van mekaar), praktiese veiligheidsmaatreëls, en die risiko’s wat Covid-19 vir ons lidmate inhou. Ons betrek ook mediese kundigheid. Lidmate se veiligheid is vir ons baie belangrik. En dan bid ons ook vir die wysheid en leiding van die Gees – om in die omstandighede te doen wat die Here wil.
Ons weet dat ons almal baie graag sommer dadelik wil terugkeer na normaal (eredienste, ens). Maar ons vra begrip vir die moeilike besluite wat ons moet neem. Ons weet tot hier was ons gelei om die regte besluite te neem – want die positiewe gevalle van Covid-19 en sterfgevalle in Oudtshoorn spesifiek, het toegeneem. Niemand wil tog hê dat Moedergemeente ‘n aansteekpunt moet wees nie.
Ons vra asseblief VOORBIDDING – ons het dit baie nodig.
Ons hou julle op hoogte van die kerkraad se besluite.

Intussen gaan Moedergemeente voort om die Here se liefde te leef!