Bulletin 9 – 15 MEI 2021

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.
GETUIENISMAAND

Ds Smuts Janse van Rensburg
“Filippus … het daarvandaan deur al die dorpe gegaan… en oral het hy die evangelie verkodig.” (Hand 8:40)

Skole het heropen vir die nuwe kwartaal. Baie sterkte aan leerders, ouers en onderwysers! Mag dit ‘n geseënde kwartaal wees! EREDIENS TYE: LW eredienste begin om 09:30

COVID 19
Die virus is steeds met ons. Ons moet steeds versigtig wees en na ons eie en ander se gesondheid omsien. Daarom, kom ons hou by die voorgeskrewe veiligheidsmaatreëls: Maskers, sanitize en veilige afstand.

VANDAG
Moedersdag
09:30 Erediens
Deuroffers: Getuienis (Sending)
Peuterkerk tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens
Kategese gr 4-10 na erediens – kom eers in kerk bymekaar
Kategese gr 11 na erediens in Skooltjie

KATEGESE:
Ons keer (sover as moontlik) terug na normaal. Gr 1-11 kom almal erediens toe. Na lofsang (of soos op skerm aangedui) gaan gr 1-3 na hulle klas (Braaikamer) wat tydens die erediens is. Gr 4-11 gaan klasse toe na erediens.

VOLGENDE SONDAG 16 MEI
09:30 Pinksterdiens
18:30 Pinksterdiens

HEMELVAART & PINKSTER
Donderdag 13 Mei Hemelvaartdiens om 13:15 (Bring jou kollega of vriend saam na dié diens oor die middaguur) KERKKANTOOR SAL GESLUIT WEES OP HEMELVAARTDAG (DONDERDAG, 13 MEI)
Sondag 16 Mei – Donderdag 20 Mei: Pinksterdienste om 18:30 Kom sing saam vanaf 18:20
Kom ons doen moeite om Pinkster getrou by te woon. Bid vir bekering, heiligmaking en geestelike groei!
Sondag 23 Mei: Pinksterfees en nagmaal 09:30 (LW, bring eie brood en wyn)
Offergawes tydens Pinkster ten bate van BYBELVERSPREIDING (Bybelgenootskap)

NAGMAAL
Agv die virus, kan ons nie brood en wyn uitdeel nie. Onthou asb om met nagmaal jou eie broodjie en wyn te bring.

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
12/05 Anna van der Waldt
14/05 Elna Coettzee
14/05 Floris van den Hever

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Anita Schoeman
Bettie Meyer
Issie Schnetler
Koos Cilliers
Lidmate wat behandeling vir kanker ontvang.
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.
Bid asb ook vir ons dokters en ander verpleegpersoneel.

Versoek: Indien jy weet van lidmate wat siek is of gehospitaliseer word, kontak asb vir ds Smuts

TOEGANG NA EREDIENSTE EN OPNEEM VAN OFFERGAWES
Al drie deure sal voortaan oop wees vir in- en uitgaan. (By al die deure sal sanitizer wees.) Moet asb nie by deure saamdrom nie – hou veilige afstand.
Bankkollekte word met inkom in houer gemerk “Bankkollekte” geplaas.
Deurkollekte word met uitgaan in houer gemerk “Deurkollekte” geplaas.

MEI-MAAND = GETUIENIS-MAAND
Die Here het gesê dat Hy sy Gees op ons sal uitstort, sodat ons sy getuies kan wees (Hand 1:8) In Mei fokus ons op ons roeping tot getuienis. Ons gaan nie hierdie jaar ‘n vormpie invul waarin ons ons tot geloofsoffers ten bate van getuieniswerk verbind nie. Lidmate wat ‘n bydrae vir getuieniswerk (sendingprojekte) wil maak, kan die bydrae in ‘n koevert gemerk “GETUIENIS” sit en dit op 30 Mei in die houer vir deuroffers gooi.

NUWE LIDMAAT:
Baie welkom aan die volgende lidmate, wie se lidmaatskapbewys ons ontvang het.
Vanaf De Rust: Muller, Theunus Gerhardus en Muller, Irene (geb. Henning)

KOMMISSIEVERGADERINGS
Pre-Advies: Maandagaand, 10 Mei, 17h30 in die Skooltjie.
DVK & Finans: Dinsdagaand, 11 Mei, 17h30 in die kerkkantoor.

BASAAR
Agv Covid sal ons nie op 16 Junie ‘n basaar kan hou nie. Ons gaan wel weer ‘n deurry-wegneem-pakkie beskikbaar stel. Meer besonderhede later. Ons gaan wel ook in die plek van die basaar ‘n fondsinsameling hou. Lidmate word versoek om gedurende Junie die bedrag wat jy vir die basaar sou bydra, of die bedrag wat jy by die basaar sou spandeer, in ‘n koevert gemerk “BASAAR-OFFER” te sit en in die houer vir offergawes te plaas. Bid en begroot solank vir hierdie insameling.

Registrasie van inenting teen Covid 19
Senior burgers (bo 60) wat by die Departement van Gesondheid wil registreer vir inenting, kan dit nou doen. Ons Liefde Leef Kommissie wil ons senior burgers wat graag wil registreer maar nie weet hoe of waar om dit te doen nie, met registrasie bystaan. Kontak asb vir Elaine Martin by 0761620804 – sy sal jou met liefde (en gratis) help om te registreer.

LIEFDE LEEF:
Daar is asb.groot behoefte aan blikkies kos, pasta, toiletware, warm klere en komberse vir die noodspens.  Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

MOEDERSDAG
n Ma hou die sleutel tot die siel, en dit is haar liefde
wat ‘n stempel van karakter afdruk en wat van
‘n kind ‘n Christen maak pleks van ‘n wreedaard.
Bekroon haar as die koningin van die wêreld!
(Anoniem)

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg:  Tel: 0442791679 :  Sel: 0829216854
Kerkkantoor:   Tel: 0442723130 :  Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 :   Epos: ngoud@mweb.co.za :    www.moeder.co.za