Bulletin 8 September – 5 Oktober 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Toe sê die koning: ‘Sê vir die genooides: Die maaltyd is reg, alles is gereed. Kom na die bruilof toe.’ (Mat 22:4)

VANDAG:
Biddag vir Melaatses
Toerustingsondag
09:30 NAGMAAL
Deuroffers: BADISA
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1-3 na kindertyd tydens erediens
Kategese Gr 4-10 na kerkdiens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer

DONDERDAG
09:30 Biduur Tuishuis

SATERDAG 14 SEPTEMBER: TRAILRUN & PRETSTAP/DRAF VIR BYBELS

SONDAG 15 SEPTEMBER
09:30 Lofprysing. Besoek van Len Viljoen
Deurkollekte: Herberg Kinderhuis
Onthou as jy ‘n spesiale kollekte vir Len Viljoen se projek (hulp vir minderbevoorregte blinde kinders) wil bring!

SONDAG 22 SEPTEMBER
09:30 Erediens
Deuroffers: Gemeentefonds

SONDAG 29 SEPTEMBER
09:30 Erediens
Deuroffers: Gemeentebediening

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R3 268-00
Deuroffers: R979-00
Getal lidmate in diens: 115 + inwoners van 2 ouetehuise

Op ‘n Kerkraadsvergadering is die vlg persoon benoem as kerkraadslid:
Fanie van Wyk – Diaken

Kontak gerus jou leraar
Ds Smuts Janse van Rensburg is beskikbaar en kan gekontak word as iemand die behoefte het om oor geestelike sake te gesels, op soek is na geloofsekerheid en geestelike leiding, behoefte het aan vertroosting, bemoediging en berading. Kontak hom in geval van ernstige siekte, hospitalisasie, dood en geboorte.

Onthou en maak nou reeds ‘n aantekening in jou dagboek oor ons BASAAR Vrydag 25 Oktober

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ JR:
09/09 Susie Scholtz, Badenhorststraat 6
15/09 Joyce Stears, Randstraat 44
15/09 Miriam Viljoen, Hoogstraat 244 w/s C
21/09 Errol Nelson, Millenniumpark 326
26/09 Alice Ungerer, Tuishuis w/s 61
28/09 Lily Liebenberg, Tuishuis w/s 56
28/09 Marie Schmidt, Tuishuis 53
03/10 Stoffel Geyser, Tuishuis w/s 11
05/10 Tecia Daniëls, Tuishuis Siekeboeg

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/behandeling:
Chris van Eck, Gillcourt nr 5
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Joyce Stears, Randstraat 44
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met families en naasbestaandes wat geliefdes aan die dood afgestaan het:
Hanna Witbooi wat ‘n familielid (soldaat in die Kongo) aan die dood afgestaan het.

Sondag 15 September
Sondag 15 September is ‘n lofprysingsdiens waartydens ons ook vir Len Viljoen ontvang. Len, ‘n blinde jong man, gaan ons met sang en sy getuienis bedien. Len het ‘n bediening waardeur hy vir minderbevoorregte blinde en swaksiende kinders beter geleenthede wil skep. Mense wat tot Len se bediening ‘n bydrae wil maak, kan dit in ‘n koevertjie sit en dit dié Sondag saambring. Len se CD’s sal ook te koop wees teen R80.
* Ons deurkollekte op die 15e is ten bate van die dogters van ‘n huis by Herberg Kinderhuis. Moedergemeente wil graag teenoor hierdie dogters die Here se liefde laat leef.

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Ondersteun asb hierdie projek. Die gedagte met die rand-‘n-jaar projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

KERKKANTOOR IS GEDURENDE DIE SKOOLVAKANSIE GESLUIT

Die Bybelgenootskap vanSuid-Afrika benodig die dienste van ‘n toegewyde Christen as Sekretaresse vir ‘n 5/8 pos in die Westelike Streek (Bellville) (NG Kerk departement)
Pligte:
* Algemene sekretariële en fondsinsamelings pligte, insluitend die volgende voorvereistes:
Vereistes:
* Graad 12 * Sekretariële en administratiewe ondervinding * Self-gemotiveerde, gedissiplineerde en betroubare persoon
* Uitstekende interpersoonlike vaardighede  * Ten volle rekenaargeletterd: Word, Excel, Power Point, Outlook, Internet Explorer en sosiale media  * Uitstaande kommunikasie-vaardighede in ten minste Afrikaans en Engels.  * Vermoë om met gemak binne spanverband te kan opereer  * Lidmaat van die NG Kerk

Ons bied ‘n mededingende vergoedingspakket.
Diensaanvaarding: 1 Nov 2019

Applikante kan hulle CV’s stuur na:
MHB Bestuurder
Bybelgenootskap van SA
Epos: personnel@biblesociety.co.za
Sluitingsdatum: 12 September 2019

ELJADA INSTITUUT
‘n Kerspartytjie word beplan vir Eljada op 16 Desember 2019. Kontant donasies of toiletware soos waslappies, tandepasta/borsels, ens word benodig. Skakel Miriam Bence by 0442727873. ‘n Baie groot Eljada dankie!!!

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ‘n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

ACVV TUISHUIS
Baron van Reedestraat 65, Oudtshoorn,bied ‘n teetuin aan in die vierkant van Tuishuis.
Datum: 20 September 2019 . Tyd: 09:00 vir 09:30
Tee met verversings @ R20-00 pp
Bring saam: “IETS UIT NIETS” vir ‘n kompetisie. (Gebruik herwinbare materiaal)

NG Moedergemeente bied aan: TRAILRUN & PRETSTAP/DRAF vir Bybels
Saterdag 14 September 2019, in wildskamp tussen veldblomme en diere. Almal ontvang ‘n medalje.  Tsumkwe, tweede ingang by stoor aan linkerkant. (16 km op De Rust-pad. Hou asb in gedagte dat daar steeds padwerke is wat u reistyd gaan vertraag)
Afstande & Wegspringtye:
± 21km Trailrun 7h30
10km Trailrun 8h30
5km Stap / Draf 9h00

Trailrun se inskrywings kan vooraf gedoen word. Navrae: moedergemeenteodn@gmail.com
5 km STAP/ DRAF INSKRYWINGS VANAF 7H00 – 8H30

INSKRYWINGSFOOI:
±21km Trailrun Volwassenes:   R100-00
10km Trailrun:    Volwassenes:     R80
Hoërskool kinders       R50-00
5km Stap / Draf:   Volwassenes:   R50-00
Kinders     R20-00

Gelukkig trekkings sal 10:30 begin! Daar sal ook pryse vir die wenners van die onderskeie afdelings wees.
NAVRAE: Jodi 0823756770 of Riaana 0845839146 of Kerkkantoor 0442723130
Koffie/tee, koeldrank, jaffels, roosterkoeke, pannekoek & poeding te koop.
Sien julle daar, dit gaan lekker wees!

HELP ASB!!!!!
PRETSTAP 14 September
Gelukkig trekkings: Ons is asb dringend op soek na pryse vir gelukkige trekkings. Indien u kan help, skakel asb Ds Smuts by 0829216854 pf Riaana 0845839146 of kerkkantoor by 0442723130
Skenkings: Ons benodig asb ook water, brode, maalvleis, bacon, eiers, olie, koekmeel, kaas, smeer margarien, deeg vir roosterkoek.
Ons kan dit nie sonder julle hulp doen nie.

Om oor na te dink
Dit is belangrik om vas te hou
aan die waarheid dat
God nooit sal ophou
om ons lief te hê nie,
self al is God teleurgesteld
in wat ons doen.
As ons dit onthou,
help dit ons om na God se
altyd teenwoordige liefde
terug te keer.
(Henry Nouwen)