Bulletin 7 – 13 November 2021

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Gerrit van Schalkwyk
Teks: Ps 117
Tema: Gee applous vir God!

VANDAG
09:00 Erediens: Ds Gerrit van Schalkwyk
Deuroffers: Eljada Instituut
Peuterkerk: Tydens erediens
Kategese: Gr 1-3 Tydens erediens
Kategese: Gr 4-10 Na erediens in kerk

DINSDAG, 9 NOVEMBER
17:15 DVK & Finanskommissie vergadering in die kerkkantoor

SONDAG 14 NOVEMBER
09:00 Erediens – Belydenisaflegging
Deuroffers: KK Skool (Jnr) Kampus
GEEN KATEGESE

MAANDAG, 15 NOVEMBER
18:00 Kerkraadsvergadering

DONDERDAG, 18 NOVEMBER
09:00 Biduur – Gottlandhuis

SONDAG 21 NOVEMBER
09:00 Nagmaal
Peuterkerk tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens
Kategese gr 4-10 na erediens

BEROEP
Op ‘n spesiale kerkraadsvergadering gehou op 2 November 2021, is ds Albé Theunissen van Porterville na ons gemeente beroep. Bid asb vir hom en sy gesin, asook vir Porterville gemeente.

Ds Smuts – langnaweek en verlof
Ons leraar is van Vrydag 5 – Woensdag 10 Nov met langnaweek en verlof. Indien u ’n leraar nodig het, skakel gerus vir Manus Blignault by 0829683675

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Cynthia Engels
Geraldine Loftie-Eaton
Martin Janse van Rensburg
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde
*Stel asb vir ds Smuts of die kerkkantoor in kennis van siekes

DANKFEESBASAAR
Nogeens alle dank en eer aan ons hemelse Vader vir ‘n baie geseënde basaar! Dit was heerlik om na twee jaar ‘n slag weer saam te kuier!
Dankie aan al die sameroepers, dankie vir bydraes en dankie vir almal wat op een of ander manier gehelp het.
En natuurlik – dankie vir die ondersteuning!
Ons is dankbaar vir die mooi bedrag van R90 587.90 is ingesamel. (Lidmate wat nog wil bydra, is welkom om dit by die kerkkantoor te doen. (Wie weet, miskien haal ons R100 000!)

Verkiesing van Kerraadslede
Op ‘n spesiale kerkraadsvergadering, gehou op Dinsdag 2 November, is die volgende lidmate tot die tot die besondere amp as ouderling verkies:
Athur Muller
Retha Jonker
Johan Koegelenberg
Bid asb vir hulle – dat hulle die stem van die Here sal hoor.

KATEGESE 4e KWARTAAL
7 November
14 November (GEEN KATEGESE, Tuisnaweek)
21 November
28 November
5 Desember (Afsluiting)

BIDURE:
Gottlandhuis : Donderdag 18 November 09:00
Tuishuis : Donderdag 25 November 09:00

GEESTELIKE NOOD?
Jy is baie welkom om ons leraar, ds Smuts van Rensburg, te kontak in geval van geestelike nood, of as jy ‘n woord van bemoediging nodig het, of vir pastorale begeleiding (berading), of as jy soek na geloofsekerheid, of as jy navrae oor die Bybel het, of sommer net as jy wil hê dat hy vir jou ‘n gebed moet doen.

BELANGRIKE DATUMS 4e KWARTAAL
Donderdag 11 November: Aanneming van belydenisklas
Sondag 14 November: Belydenisaflegging
Sondag 21 November: Nagmaal
Sondag 5 Desember: Kinderdiens en Afsluiting kategese (oggend), Bevestiging van kerkraadslede en Kerssangdiens (Aand)

Gedagte om oor na te dink
Hoe meer jy bid, hoe makliker word dit.
Hoe makliker gebed word, hoe meer gaan jy bid.
(Moeder Teresa)

Leraar:   Ds Smuts Janse van Rensburg:   Tel: 0442791679 :   Sel: 0829216854
Kerkkantoor:  Tel: 0442723130 :    Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 :   Epos: ngoud@mweb.co.za :    www.moeder.co.za