Bulletin 6 – 12 Oktober 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Hulle vind hulle krag in die huis van die Here
en groei op in die tempel van ons God. (Ps 92 : 14)

VANDAG
BIDDAG VIR BEJAARDES
BEDIENING AAN DIE JODE
09:00 Kinderdiens en Matriekdiens
Deuroffers: Bediening aan Jode
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kinders bly in kerk tydens kinderdiens. Graad 1 tot 10 kategese bly na diens in kerk om bywoning-register af te merk.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die erediens in Braaikamer.

DONDERDAG
9:00 Biduur Tuishuis

VOLGENDE SONDAG
09:00 Oorwinningsdiens
Deuroffers: Kansa

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R2 878-00
Deuroffers: R799-00
Getal lidmate in diens: 103 + inwoners van 2 ouetehuise

Bidure Tuishuis en Gottlandhuis 4e kwartaal
Donderdag 10 Okt 09:00 Tuishuis
Donderdag 17 Okt 09:00 Gottlandhuis
Donderdag 7 Nov Tuishuis
Donderdag 14 Nov Gottlandhuis

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
06/10 Makkie Vosloo, Tuishuis W/S 03
08/10 Madeleine Lategan, Oudtshoornaftreeoord 109
10/10 Marie Strydom, Tuishuis W/S 63

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Hannetjie du Toit, Gottlandhuis K 25
Judy van den Berg, Gottlandhuis K41
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Patsy Fourie, St Georgesstraat 176
Sannie du Plessis, Tuishuiswoonstel 30
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met families en naasbestaandes wat geliefdes aan die dood afgestaan het:
Carina Stander (St Georgesstraat 172), met die afsterwe van haar moeder.

Kontak gerus jou leraar
Ds Smuts van Rensburg is beskikbaar en kan gekontak word as iemand die behoefte het om oor geestelike sake te gesels, op soek is na geloofsekerheid en geestelike leiding, behoefte het aan vertroosting, bemoediging en berading. Kontak hom in geval van ernstige siekte, hospitalisasie, dood en geboorte.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

ELJADA INSTITUUT
‘n Kerspartytjie word beplan vir Eljada op 16 Desember 2019. Kontant donasies of toiletware soos waslappies, tandepasta/borsels, ens word benodig. Skakel Miriam Bence by 0442727873. ‘n Baie groot Eljada dankie!!!!

NG Kerk Odn-Suid vier 50ste
Op Sondag 13 Oktober om 09:00 vier die Gemeente Oudtshoorn-Suid hulle vyftigjarige herdenking van die inwyding van die Kerkgebou.
Alle oudlidmate en belangstellendes word vriendelik uigenooi. Ds Abrie Botha (oud-predikant) lei die erediens. Na die erediens word ‘n gedenksteen onthul waarna die verjaardagkoek gesny word. Tee/Koffie word ook bedien.

BASAAR Vrydagaand 25 Oktober
*Kom ons gee en werk vir hierdie basaar uit dankbaarheid teenoor die Here
*Dit is ‘n gemeente-basaar waar ons álmal hande vat en saam werk en dien

Tyd: 16:30 Kuier in teetuin, koop pannekoek, wit olifante, vleis, groente, produkte by tuintafel
18:00 Basaar open vir verkope van gebak, kindertafel & gesigverf vir kinders, poeding
18:00 Etes, roosterkoeke, hot dogs, kerrie & rys, ens
Verkope: Kontant – geen kaartfasiliteite

Basaarlyste
Basaarlyste moet asb voor/op 11 Okt by kerkkantoor ingehandig word. Indien ‘n dienswerker jou nie besoek het om vir basaar te kollekteer nie, vul asb jou bydrae op die pienk blaadjie in kerkbank in.

Bestanddele
Alle bestanddele (vir poedings, gebak, ens) moet asb voor/op 18 Okt by kerkkantoor ingehandig word.
Ons benodig:
Braaihout: Veral dik stompe vir “donkie” (Kontak Michael 084 584 7882)
Lekkers vir kindertafel (Kontak Noeline 072 371 1716)
Vleis: Skape, beeste, varke (Kontak Marie 083 701 5538 of Smuts 082 921 6854)

Ete-kaartjies
Soos in verlede gaan ons ete weer ‘n winskoop en treffer wees @ slegs R65: Skaaptjop, hoendersosatie, wors, roosterkoek, wortelslaai & aartappelslaai.
Kaartjies van Maandag by kerkkantoor óf jy kan die volgende twee Sondae na die erediens in die konsistorie kaartjies koop.

KINDERTAFEL
Span jul kreatiwiteit in en maak lekker interessante goedjies wat mooi versier is vir die kindertafel. Enige lekkergoed soos: Smarties,malvalekkers,chips, versiersuiker, ens. sal ook waardeer word.

Ons begin reeds vroeg met WIT OLIFANTE.
Pak jou kaste, laaie, rakke, kamers en garage reg en raak van ALLES ontslae wat nie meer vir jou van nut is nie. Gee asseblief so spoedig moontlik by die kerkkantoor af.

Ons woorde is belangrik en hulle moet aangewend word vir God se doel.
Ons moet begeer om ‘n mondstuk vir God te wees en Sy Woord getrou te verkondig.