Bulletin 5 – 11 September 2021

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin. Baie welkom aan ds Gerrit
van Schalkwyk wat vandag se erediens waarneem

Teks: Num. 13: 26 – 33
Tema: Moeilikhede of moontlikhede?

VANDAG
09:30 Erediens – Ds Gerrit van Schalkwyk
Deuroffers: Instituut vir Dowes

DINSDAG
18:00 Kerkraadsvergadering in die CJV-saal.

VOLGENDE SONDAG
Biddag vir Melaatses
Toerustingsondag
09:30 Erediens
Deuroffers: Gemeentefonds
Kategese gr 11 na erediens in Skooltjie

Ds Smuts neem sy kwartaallikse afnaweek 2 – 6 September. Indien u ’n leraar nodig het, skakel gerus vir Manus Blignault by 0829683675 en hy sal met ‘n Ringsleraar reël.

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
05/09 Louis van Huyssteen
06/09 Rita Venter
07/09 Hester Knoesen

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Jacomina Graham
Lidmate wat covid of ander siektes het.
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.
Bid asb ook vir ons dokters en ander verpleegpersoneel.

DANKOFFERS
Die afgelope 18 maande het in vele opsigte nuwe eise aan die gemeente en die bediening gestel. Die gemeente het agv covid en die inperkingsmaatreëls ook te doen met finansiële uitdagings.
Vandag wil ons aan die Here al die dank en eer gee, omdat Hy getrou is en deur alles heen sorg, lei en voorsien!
*  Baie dankie aan lidmate wat nog al die pad getrou is in die gereelde gee van dankoffers, ongeag die moeilike omstandighede.
*  Baie dankie aan lidmate vir inisiatiewe, harde werk, skenkings en ondersteuning met al die deurry-verkope! Terwyl ons nie kan basaar hou nie, help al hierdie pogings om die emmer bietjie vir bietjie vol te maak.
*  Lidmate kan steeds offergawes op die volgende maniere gee: offers tydens eredienste, betaal offers by die kerkkantoor in (kaartfasiliteite beskikbaar), plaas offers in koevert en gooi in posbus langs deur by kerkkantoor (posbus is ‘n kluis), teken ‘n debietorder by bank, plaas oor per EFT (kontak skriba vir navrae.)

BEROEPING NUWE LERAAR
Die kerkraad is tans besig met die proses om ‘n nuwe leraar te beroep, om ds Smuts se pos te vul na sy aftrede einde Januarie 2022, DV. Die Gemeente se volgehoue VOORBIDDING word gevra – mag die Here dié leraar wat Hy vir ons bestem het, na ons bring.

Bywoning van eredienste, opneem van offergawes en kategese
As gevolg van die nuutste veiligheids-regulasies soos aangekondig deur die staatspresident, moet ons (vir die soveelste keer sedert Maart 2020) sekere reëlings weer aanpas:
*  Toegang tot eredienste sal slegs deur die hoofdeur geskied. Al drie deure sal egter oop wees om die kerkgebou na die erediens te verlaat.
*  Bankkollekte word met inkom in houer gemerk “Bankkollekte” geplaas. Deurkollekte word met uitgaan in houer gemerk “Deurkollekte” geplaas.
*  Onthou asb om gedurende die week by die kerkkantoor (044 2723130) te bespreek vir Sondag se erediens, aangesien daar net 50 mense binne ‘n gebou toegelaat mag word.

GEESTELIKE NOOD?
Jy is baie welkom om ons leraar, ds Smuts van Rensburg, te kontak in geval van geestelike nood, of as jy ‘n woord van bemoediging nodig het, of vir pastorale begeleiding (berading), of as jy soek na geloofsekerheid, of as jy navrae oor die Bybel het, of sommer net as jy wil hê dat hy vir jou ‘n gebed moet doen.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnommer, telefoonnommer of adres verander het.

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za