Bulletin 4 – 17 Augustus 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
‘n Seun eer sy vader en ‘n slaaf sy eienaar.
As Ek dan Vader is, waar is die eer wat My toekom?
En as Ek Here is, waar is die eerbied vir My dan?
(Mal 1:6)

VANDAG
09:30 Erediens
Deuroffers: Gemeentehulpfonds
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na kerkdiens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer

SONDAG, 11 AUGUSTUS
GEEN OGGENDDIENS
18:00 Erediens
Deuroffers: Gemeentefonds

MAANDAG, 12 AUGUSTUS
17:30 Gemeentebediening vergadering

DINSDAG, 13 AUGUSTUS
17:30 DVK & Finanskommissie vergadering

SONDAG, 18 AUGUSTUS
Kanselruiling
09:30 Erediens
Deuroffers: Jeugwerk

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R5 416-10
Deuroffers: R1 401-60
Getal lidmate in diens: 260 + inwoners van 2 ouetehuise

VOLGENDE SONDAG 11 AUGUSTUS – GEEN OGGENDDIENS, WEL AANDDIENS OM 18:00
Neem asb kennis dat, as gevolg van verhuring van ons geboue aan Klein Karoo Klassique, daar volgende Sondag GEEN OGGENDDIENS is nie. Daar is wel ‘n aanddiens om 18:00. Die diens word gelei deur ds Smuts, maar Hugo Wolmarans, ‘n sendeling wat al vir jare betrokke is by sending onder die Moslems, kom meer vertel van sy werk.

Bidure vir kwartaal, Donderdae
22 Augustus om 09:30 Gottlandhuis
12 September om 09:30 Tuishuis

BELYDENISKAMP
Vrydag, 9 – Sondag, 11 Augustus:
Ds Smuts en sy kategese belydenisklas gaan op ‘n uitreik Kaap toe om besoek te bring aan Straatwerk en ‘n gevangenis.
Bid asb vir almal se veiligheid, maar ook dat die uitreik vir die kinders tot groot seën sal wees.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
06/08 Anna Cronjé, Bellinganhof 1ste vloer K205
09/08 Bets Vermeulen, Caves Aftreeoord Siekeboeg
12/08 Kitty Brits, Bellinghanhof 1E Vloer K 108

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Annalize van Heerden, St Saviourstraat 45
Antoinette Gerber, Langenhoven Village Nr 3
Cecile van Huyssteen, Oranjestraat 16A
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Hannetjie du Toit (Gottlandhuis)
Hantie Scheepers (Gottalandhuis)
Johan Appel, Gottlandhuis K8
Johann van Zyl, Bertram w/s 1
Kitty Nortier, St Saviourstraat 021
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Marcus Nortjé, Oudtshoorn aftreeoord 126
Yvonne Jooste, Kwekery Woonstel No 3
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

KOMMISSIEVERGADERINGS
Gemeentebediening: Maandagaand, 12 Augustus, 17h30 in die Skooltjie.
DVK & Finanskommissie: Dinsdagaand, 13 Augustus, 17h30 in die kerkkantoor.
KERKRAADSVERGADERING: 26 Augustus, 18h00 in die Skooltjie.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

Kontak gerus jou leraar
Ds Smuts van Rensburg is beskikbaar en kan gekontak word as iemand die behoefte het om oor geestelike sake te gesels, op soek is na geloofsekerheid en geestelike leiding, behoefte het aan vertroosting, bemoediging en berading. Kontak hom in geval van ernstige siekte, hospitalisasie, dood en geboorte.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Ondersteun asb hierdie projek. Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

NG Kerk Oudtshoorn-Suid bied aan: VROUE-AAND
Dinsdag 6 Aug 2019 om 18:30 in die Anneks (langs Kerksaal)
Tema: Pienk Pret
Drag: Semi-formeel met iets pienk
AAND VOL PRET met gaskunstenaars Tania Smit (skrywer) en
Janine Fourie (sanger)
PRYS: R130 (Ligte aandete ingesluit)
Kaartjies by Oudtshoorn-Suid Kerk-kantoor en Marianne Dall 083 564 3508

NG Kerk Volmoed Dankfees
Datum: 31 Augustus, 11vm. Kiosk open reeds om 10 vm
Plek: NG Kerk Volmoed Kerksaal
Etes @ R65: Halwe hoender, 2 slaaie en roosterkoek.
Ete-kaartjies is beskikbaar by Wilna 083 305 0167 of Daan 082 219 1517 of Koos 072 297 0531

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

NOODSPENS:
Daar is asb.groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap,… Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

HUUR VAN PERSELE
CJV Saal: R700 (R500 deposito)
Braaikamer: R300 (R500 deposito)
Skooltjie: R200 (R500 deposito)
Kombuis: R500 (R500 deposito)
Maak gebruik van ons persele. Lidmate betaal halfprys.

NG Moedergemeente bied aan: TRAILRUN & PRETSTAP/DRAF vir Bybels
in wildskamp tussen veldblomme en diere. Almal ontvang ‘n medalje.
SATERDAG, 14 SEPTEMBER 2019 by Tsumkwe, tweede ingang by stoor aan linkerkant.
(16km op De Rust-pad. Hou asb in gedagte dat daar steeds padwerke is wat u reistyd gaan vertraag)

Afstande & Wegspringtye
±21km Trailrun 7H30
10km Trailrun 8H30
5km Stap / Draf 9H00

Trailrun se inskrywings kan vooraf gedoen word. Navrae: moedergemeenteodn@gmail.com

5km STAP / DRAF INSKRYWINGS VANAF 7H00 – 8H30

INSKRYWINGSFOOI
±21km Trailrun Volwassenes: R100-00
10km Trailrun Volwassenes: R80-00
Hoërskool Kinders: R50-00
5km Stap / Draf Volwassenes: R50-00
Kinders: R20-00

Gelukkige trekkings sal 10:30 begin!
Daar sal ook pryse vir die wenners van die onderskeie afdelings wees.

NAVRAE: Jodi 0823756770 of Riaana 0845839146 of Kerkkantoor 0442723130

Koffie/tee, koeldrank, jaffels, roosterkoeke, pannekoek & poeding te koop. Sien julle daar, dit gaan lekker wees!

HELP ASB!!!!!!!!!!!!!!!! PRETSTAP 14 SEPTEMBER
Gelukkige trekkings
Ons is asb dringend op soek na pryse vir gelukkige trekkings.
Indien u kan help, skakel asb Ds Smuts by 0829216854 / Riaana 0845839146 / kerkkantoor by 0442723130.

Poedings
Indien daar mense is wat poedings of vla kan skenk skakel asb die Kerkkantoor
by 0442723130 / Riaana 0845839146

Skenkings
Ons benodig asb ook water, brode, maalvleis, bacon, eiers, wors, tamatie & uiesmoor, hout

Hande: Ons benodig mense by die vlg tafels:
Inskrywings
Jaffel & roosterkoek verkope
Pannekoek bak
Poeding verkope
Koffie & koeldrank verkope
Braai van wors
Medaljes uitdeel
Ons kan dit nie sonder julle hulp doen nie.

Om oor na te dink
Die lewe is ‘n reis,
nie ‘n bestemming nie.
(Anoniem)