BULLETIN 30 Augustus 2020

BULLETIN

Dankie aan almal vir harde werk, skenkings en ondersteuning met die Deurry-Wegneem-Bederfsakkie Vrydagaand. Die hele projek het in ‘n vrolike, dankbare gees plaasgevind. En die poging het die mooi bedrag van R13090 ingebring! Aan die Here al die dank!

Bid asb vir die volgende lidmate wat in die hospitaal was/is/hierdie week gaan wees/siek is:

Adah Taylor, Susan Janse van Rensburg, Cynthia Engels, Jannie Struwig.

Mag julle almal ‘n geseënde Sondag beleef. Mag die Here julle deur sy Woord en sy Gees aanraak en toerus om in die geloof te volhard.
Die Skrifgedeelte waaruit ons gaan lees, is Hebr 12. Dit sal verrykend wees om eers Hebr 11 te lees.

Ons luister ook saam met die kinders na die verhaal van een van ons geloofshelde – Daniël. Mag ons ons saam met die kinders verlustig in dié verhale wat ons van God se trou vertel, maar ons ook inspireer om op God te vertrou en in die geloof te volhard.