Bulletin 3 – 9 Maart 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. (2 Tim 3:14)

VANDAG
EERSTE LYDENSWEEK
09:00  Erediens
Deuroffers:  ACVV Dienssentrum
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer

DONDERDAG
09:00  Biduur by Gottlandhuis
09:00  Biduur by Tuishuis

VOLGENDE SONDAG
TWEEDE LYDENSWEEK
09:00  Lofprysingsdiens
Deuroffers:  Gemeentebediening

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte:  R5 074-35
Deuroffers: R1 802-00
Getal lidmate in diens: 202 + inwoners van 2 ouetehuise

KERKKANTOOR IS 4 – 7 MAART GESLUIT VIR AFSLUITING VAN DIE FINANSIËLE BOEKJAAR EN OUDIT.

Verkiesing van Kerraadslede
Op ‘n kerkraadsvergadering, gehou op Maandag 25 Februarie, is die volgende lidmate tot die kerkraad verkies:
Ouderlinge: Anita koen, Jan Loubser, Hester van Eck, Lizbé de Villiers, Jacques Bruwer, Manus Blignaut, Beryl Olivier-Van Rensburg, Abeth Ströh (almal herkies, sommige vir een jaar en ander vir twee jaar)
Diakens: Elize du Plessis, Hannes Terblanche, Jodi Mulder, Betsie Swarts, Hennie Miles, Arnold Verwey (Jnr), Michael van Deventer, Isma van Tonder, Riaana van Deventer,
Ellen Marais, Louise de Wet (almal herkies, sommige vir een jaar en ander vir twee jaar) en Elaine Martin (verkies)

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
08/03   Maria du Plessis, Bellinganhof Grondvloer K153

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Deon Briel, Adderleystraat 203
Naas Barnardt, Caves Aftreeoord Nr 2
Johan Carsten, Jakarandalaan 37
Christian Nel, Pringlestraat 13
Bossie Boshoff, Hoogstraat 206
Marinda Boshoff, Hoogstraat 206
Karin Louwrens, Villa Fonté 14
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met:
Elmé Botha (Sonnehof w/s 4) en haar kinders met die afsterwe van Frans. (‘n Troos- en dankdiens is reeds Saterdag gehou.)

Bybelstudie vir dames :
Elke Dinsdag by Hoogstraatpastorie Grootgroep : 8:45 – 9 :45
Kleingroep : 10uur – 11uur

Missie Japan
Ons gemeente is saam met ‘n hele aantal ander gemeentes betrokke by die getuieniswerk van Missie Japan. Twee nuwe sendelinge, Elmar en Nadine du Rand, word vandag vanuit Moedergemeente op George uitgestuur. Ons gemeente word deur Anita Koen en Beryl Olivier-Van Rensburg verteenwoordig. Ons vra almal se voorbidding vir hierdie twee jong sendelinge.

Kommunikasie vanuit die kerkraad
Die kerkraad het besluit dat kerkraadslede weer, soos vroeër jare, vir tweejaar-termyne verkies sal word. Dit sal in die toekoms meebring dat daar kontinuïteit maar ook gereelde wisseling van kerkraadslede sal wees. Op so ‘n wyse sal meer lidmate ook die geleentheid kry om as ouderling of diaken te dien. Alle ouderlinge en diakens sal ook weer op die kerkraad dien.   Die wyke sal steeds deur dienswerkers bedien word. Lidmate word opgeroep om hulleself as dienswerkers beskikbaar te stel. Kerkraadslede sal aan diens-werkers ondersteuning bied en sal sorg vir die nodige kommunikasie tussen kerkraad, dienswerkers en gemeentelede.

Lydenstyd :
Oor die volgende 7 weke sal ons Jesus se lyding ter wille van ons, weer herdenk. Hou die afkondigings dop om die simboliek voor die kansel beter te verstaan. Simboliek se tema vanjaar is : Lydenstyd= Jesus se “verlatenheid”. Hy was van famlilie en vriende, maar ook van God verlaat – ter wille van ons elkeen.

Basaar [ 1 Mei ]
Ons hou ‘n kort Reëlingsvergadering op Dinsdagaand , 12 Maart,  om 6nm in Hoogstraatpastorie. Almal welkom vir “Reëlings-en-Roomys” !