Bulletin 3 – 16 November 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

VANDAG
HERVORMINGSFEES
Baie welkom aan al die seuns en dogters wat vanoggend belydenis van geloof aflê, asook aan hulle ouers, familie en vriende.
09:00 Erediens – Belydenisaflegging
Kategese
Deuroffers: Tuishuis
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 na kindertyd tydens erediens
Ons nuwe belydende lidmate met hulle familie en vriende word genooi om na die erediens die geselligheid in die CJV Saal by te woon
19:00 Nagmaal (vir die hele gemeente)

MAANDAG
17:30 Gemeentebediening in Skooltjie
18:30 Eiendomskommissie in Skooltjie

DINSDAG
17:15 Basaar konvenors vergader in konsistorie

WOENSDAG
10:00 Biduur – Tuishuis
17:30 DVK & Finanskommissie in kantoor

VOLGENDE SONDAG
09:00 Erediens
Deuroffers: Gottlandhuis

Sondag 24 November
09:00 Kinderdiens
Kinderdankofferkoeverte inbring
Afsluiting van kategese
19:00 Kerssangdiens saam met Belia Lourens*
Geskenke vir behoeftige lidmate
(Ons ontvang hierdie jaar met ons Kerssangdiens besoek van Belia Lourens, sangeres en gereelde sangmaat van Manuel Escorsio).

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: 6 247-70
Deuroffers: R2 241-20
Getal lidmate in diens: 268 + inwoners van 2 ouetehuise

Julle is die lig vir die wêreld. – Matt. 5:14 –

Liewe Here, help my om aan te bied:

My begrip vir iemand wat wil hê ‘n ander moet luister,
My bedagsaamheid vir iemand wat nodig het om te weet dat ‘n ander omgee,
My vriendelikheid vir iemand wat onvriendelik deur die lewe behandel word.
My geselskap vir iemand wat eensaam is,
My kalmte vir iemand wat onseker, verward of verdwaas is ,te kan sê GOD het jou lief.
My welwillendheid teenoor heel U skepping,
My deernis vir alles wat lewe.

MAG GOD SE SEENINGE OP JULLE AS NUWE BELYDENDE LIDMATE NEER REEN VANDAG, MORE EN ELKE DAG HIERNA.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
04/11 Fred King, Millenniumpark 309
Ina Müller, Tuishuis W/S 57
Rosie Schoeman, Oudtshoorn Aftreeoord nr 78
11/11 Ina Broodryk, Bellinganhof K115
Anna Olivier, Oxfordstraat 20

0ns bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Cassie Carsten, Jakarandalaan 37
Christa Lategan, Klein Karoostraat 14
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Markus Nortjie, Oudtshoorn aftreeoord 126
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Basaar
Ons is baie dankbaar om te kan sê dat ons met die basaar die mooi bedrag van R114 466-60 ingesamel het!
Weereens baie dankie aan almal vir bydraes, harde werk en ondersteuning. Maar bo alles – alle eer en dank aan ons Hemelse Vader!

Leraar afnaweek
Ds Smuts geniet vanaf Donderdag (7 Nov) tot Maandag (11 Nov) sy afnaweek van die kwartaal

Bidure Tuishuis en Gottlandhuis
Woensdag 6 Nov Tuishuis 10:00
Donderdag 14 Nov Gottlandhuis 09:00

KOMMISSIEVERGADERINGS
Gemeentebediening: Ma, 04 Nov, 17h30 in die Skooltjie.
Eiendomskommissie: Ma, 04 Nov, 18h30 in die Skooltjie.
DVK & Finanskommissie: Wo, 06 Nov, 17h30 in kerkkantoor.

KERKRAADSVERGADERING: 18 Nov, 18h00 in die Skooltjie.

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Ondersteun asb hierdie projek. Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

Kontak gerus jou leraar
Ds Smuts van Rensburg is beskikbaar en kan gekontak word as iemand die behoefte het om oor geestelike sake te gesels, op soek is na geloofsekerheid en geestelike leiding, behoefte het aan vertroosting, bemoediging en berading. Kontak hom in geval van ernstige siekte, hospitalisasie, dood en geboorte.

NOODSPENS
Daar is asb.groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap… Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

ELJADA INSTITUUT
‘n Kerspartytjie word beplan vir Eljada op 16 Desember 2019. Kontant donasies of toiletware soos waslappies, tandepasta/borsels,
ens word benodig. Skakel Miriam Bence by 0442727873. ‘n Baie groot Eljada dankie!!!!

Bellinganhof basaar – Vrydag 8 November 2019 om 09:00 te Condorstraat 1.
Donasies/skenkings van die volgende sal hoog waardeer word:
Bestanddele, gebak, groente, vrugte, ens. Aflewering asb nie later as Maandag 4 November 2019 by Bellinganhof.
Daar sal gebak, groente, vrugte, vleis, pannekoek, poeding, plante asook handewerk- en tombola tafels wees.  Kom geniet die dag saam met ons1

Klein Karoo OPWIPMARK
6 – 7 Desember NG Moedergemeente perseel
Vir navrae kontak Kerkkantoor by 044-2723130 (Maandae – Vrydae 09:00 – 11:00);
Stuur e-pos na opwipmark@gmail.com; Louise de Wet – 0723405270