Bulletin 28 Maart – 10 April 2021

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.
LYDENSTYD 

Ds Smuts Janse van Rensburg
Teks: Luk 12:51 – Tema: Bid, leef en werk, sodat ‘n duidelike skeidslyn sigbaar kan wees.

VANDAG
SEWENDE LYDENSWEEK
09:00 Erediens
Deuroffers: Hospitaalbediening
09:00 Peuters en Kategese gr 1 – 10 tydens erediens (Kinders gaan direk na grasperk voor saal)
Gr 11 saam met ouer(s) – na erediens in Skooltjie.

GOEIE VRYDAG – 2 April
09:00 Erediens – Ons gedenk die dood van ons Here Jesus
Deuroffers: Gemeentefonds

PAASSONDAG – 4 April
Dag van danksegging en verootmoediging
9:00 Lofprysingsdiens saam met Jan de Wet. Ons vier die opstanding van ons Here Jesus.
Deuroffers: Gemeentebediening

PAASSONDAG – 4 April
Lofprysingsdiens saam met Jan de Wet. Ons vier die opstanding van ons Here Jesus. Persone wat die erediens wil bywoon, moet asb vooraf hulle name by die kerkkantoor opgee. (Maandag- Donderdag tussen 09:00-11:00   Tel 0442723130)

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
29/03 Johan Lategan, Klein Karoostraat 14
29/03 Minnie van der Vyver, Caves Aftreeoord 74
03/04 Lienkie Pretorius, Tuishuis Siekeboeg
06/04 André Odendaal, Oudtshoorn Aftreeoord 60

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Doreen Snyman, Hillstraat 102
Gerald Crook, Van der Rietstraat 21A
Stanley van Rensburg, Kerkstraat 1A
Werner (Tarra) du Plessis, Johnsonsingel 12
Lidmate wat behandeling vir kanker ontvang.
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.
Bid asb ook vir ons dokters en ander verpleegpersoneel.

Vleis- , Koekie- & Beskuit-verkope
Baie dankie aan almal wat bydraes gemaak het – in watter vorm ook al! Baie dankie aan almal wat hard gewerk het! En baie dankie aan almal wat ondersteun het! Ons is dankbaar om ook op hierdie manier diensbaar te kan wees en saam te werk sodat die werk in die Here se gemeente kan voortgaan.

Kerktuin
Daar is die afgelope tyd hard gewerk om ons kerk se tuin te verfraai. Baie, baie dankie vir skenkings en aan almal wat saam werk! ‘n Besondere woord van dank aan Riaana van Deventer, asook Franswa & Marianna Stassen wat leiding neem met die projek. Dan wil ons in die besonder ook dankie sê aan ons twee tuinarbeiders, Pieter Ruiters en Jakop Hefka, vir hulle harde werk. Loop gerus ‘n draai om die kerkgebou en kyk hoe mooi alles nou lyk! En gee gerus vir almal wat hard werk, in besonder vir die tuinarbeiders, ‘n woord van waardering.

HERBERG KINDERHUIS
Gemeentes in die Sinode van Wes-Kaapland is ingedeel om aan die onderskeie kerklike kinderhuise in die Wes-Kaap ondersteuning te verleen. Herberg Kinderhuis op Robertson is aan Moedergemeente toegewys.
Die kinders in kinderhuise het nie gekies om daar te wees nie. Kom ons as gemeente laat die Here se liefde leef deur na hierdie kinders uit te reik. Ons gemeente is spesifiek verantwoordelik vir die 13 meisies in Die Herberg Kinderhuis, Huis E op Robertson. Die Liefde Leef kommissie is opsoek na 13 dames wie bereid sou wees om ‘n verjaarsdagpakkie (R150) asook ‘n Kersfeespakkie vir ‘n spesifieke meisie op te maak. Ons sal self die pakkies daar besorg. Die behoeftelys vir Huis E sluit ook in blou skooltasse, ‘n waaier, ‘n tweedehandse yskas, asook ‘n tweedehandse sitkamerstel. Indien u belangstel of kan help, kontak asseblief Ellen Marais by 082 214 5910.

Tuishuis
Daar is tans vakatures op die beheerraad van Tuishuis. Indien daar lidmate is wat belangstel om betrokke te raak deur op die beheerraad te dien, kan julle asseblief die bestuurder, mev Irma Olivier, tydens kantoorure kontak – 0442720164.

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za