Bulletin 28 April – 4 Mei 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Gerrit van Schalkwyk
Tema: My seënbede vir julle. Teks: 2 Kor. 13

VANDAG
09:30 Erediens
Demissie en afskeid van ds Gerrit en Ilsa van Schalkwyk
Deuroffers: Gemeente-ontwikkeling
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Geen kategese na erediens.
Almal word genooi na die afskeids-geselligheid na erediens in CJV Saal
18:00 Verootmoedigingsdiens en bidgeleentheid vir reën in Park Gemeente

WOENSDAG
11:00 BASAAR (Kafee open reeds om 10:00)

DONDERDAG
17:15 Eredienskommissie in die Konsistorie

VRYDAG
06h30 Biduur in die Skooltjie

VOLGENDE SONDAG
Sinodale Bid- en Dankdag
ARBEIDSONDAG
09:30 Erediens
Deuroffers: Getuienis
11:15 Kategete vergadering in die Konsistorie
18:00 Erediens

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R2 979-50
Deuroffers: R894-90
Getal lidmate in diens: 127 + inwoners van 2 ouetehuise

NG Kerk Ring van Oudtshoorn
Lidmate van alle Christelike kerke word uitegnooi na ‘n VEROOTMOEDIGINGSDIENS Sondag 28 April om 18:00 in NG Kerk Park (Buitekantstraat) Droogte, verkiesing, armoede, korrupsie, misdaad, geestelike en morele verval… Kom ons verootmoedig ons voor die Here en buig in gebed voor Hom

Verkiesing van Kerkraadslid
Op ‘n kerkraadsvergadering, gehou op Maandag 25 Februarie, is die volgende lidmaat tot die kerkraad verkies:  Diaken: Wynand Malan

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
04/05 Winnie Swiegelaar, Bellinganhof K112
04/05 Ada Taylor, Tuishuis W/S 01

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Bossie Boshoff, Hoogstraat 206
Marinda Boshoff, Hoogstraat 206
Deon Briel, Adderleystraat 203
Rosina van den Heever, Buitekantstraat 169
Francina Gerber, Oxfordstraat 85
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met:
Wayne & Lynette Venter (Jakarandastraat) en Dottie & Freek van Zyl (vroeër van Moedergemeente) met die afsterwe van hulle moeder – Ona du Plessis. ‘n Troos- en dankdiens vir Ona word Maandagoggend om 11:00 in die kerk gehou.
Muriel Theron (Merrimar w/s 314) met afsterwe van haar broer.
Thelma Schoeman (Aftreeoord 104) met die afsterwe van haar seun.
Koos en Erina Cilliers (Hoogstraat 170A) met die afsterwe van Koos se pa.

KOMMISSIEVERGADERINGS
Eredienskommissie: Donderdag, 02 Mei, 17h15 in die konsistorie.
Jeugkommissie: Sondag, 05 Mei, 11h15 in die konsistorie.
Gemeentebediening: Maandagaand, 06 Mei, 17h30 in die Skooltjie.
DVK & Finanskommissie: Dinsdagaand, 07 Mei, 17h30 in die kerkkantoor.
KERKRAADSVERGADERING: 20 Mei, 18h00 in die Skooltjie.

Belangrike datums hierdie kwartaal
1 Mei (Woensdag) BASAAR
30 Mei (Donderdag) HEMELVAART
2 – 9 Junie PINKSTER & PINKSTERFEES

Verskoning vir ongerief
Die kerkraad beplan om binnekort noodsaaklike instandhoudingswerk in die kerk te doen. Die mat in die portaal van die Kerkstraat-portaal is verwyder om beskadiging te voorkom en sal eers vervang word na afhandeling van herstelwerk. Die kerkraad vra om verskoning vir enige ongerief.

BASAAR :
Op 1 Mei, Werkersdag, gaan ons almal lekker saamwerk om ons DANK teenoor die HERE met ‘n vrolike fees te vier.
Kafee : 10vm     Saaldeure : Maak eers 11vm oop!          Ete : 11:30 vm.

KINDERTAFEL
Span jul kreatiwiteit in en maak lekker interessante goedjies wat mooi versier is vir die kindertafel. Enige lekkergoed soos: Smarties,malvalekkers,chips, versiersuiker, ens. sal ook waardeer word.

ETEkaartjies :
Beskikbaar by kerkkantoor of na diens in konsistorie @ R 65 [ 2 tjops, sosatie, wors, 2 slaaie, roosterkoekie ] Aankope sluit Maandag 29 April om 11vm.

Ons begin reeds vroeg met WIT OLIFANTE.
Pak jou kaste, laaie, rakke, kamers en garage reg en raak van ALLES ontslae wat nie meer vir jou van nut is nie. Gee asseblief so spoedig moontlik by die kerkkantoor af.

Tuintafel
Ons sal ook baie dankbaar wees vir skenkings van vetplantjies, skraalplantjies, enige plantjies!!!

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

DIENS VAN BARMHARTIGHEID:
Dit raak nou weer winter en ons benodig asb sop, warm klere en komberse. Ons benodig ook asb roomysbakke en margarine bakke vir sop. Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

BASAAR – WOENSDAG, 1 MEI
Groot dank aan die volgende konvenors.

Konvenors wat wag dat u aanmeld :
Kafee                      Sonja MacKay 082 904 2137
Kinders                  Noeline Grundling 072 371 1716
Pannekoek            Marie Verwey 082 946 4087
Poeding                 Ellen Marais 082 214 5910
Gebak                     Margaret v Rensburg 084 515 8799
Elaine Martin 076 162 0804
Rou vleis              Deon en Marie Briel 083 701 5538
Braaivleis             Michael v Deventer 084 584 7882
Hotdogs                Juliana Struwig 084 563 7362
Pot                         Marius Strydom 071 135 0517
Tuintafel               Lenie de Vos 082 340 4891
Wit Olifante        Anita Koen 083 294 8739
Koeldrank            Riaana v Deventer 084 583 9146
Slaai                      Barend Smit 082 353 6661

Konvenors vra asb ernstige voorbidding. Ons is SO afhanklik van die Here se seën!

Om oor na te dink
Vriendskap is kosbaar;
die mens wat God as ‘n Vriend het,
is die beste daaraan toe.
Koester jou vriende,
maak tyd vir hulle en deel jou liefde kwistig uit aan hulle,
maar sorg altyd dat God jou heel beste vriend bly.
(Nina Smit)

Leraar: Ds Gerrit van Schalkwyk: Tel: 0442791751 : Sel: 0828782954
Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247       Epos: ngoud@mweb.co.za         www.moeder.co.za