Bulletin 26 Januarie – 1 Februarie 2020

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

VANDAG
09:00 Erediens
Bevestiging van kerkraadslede
Deuroffers: Gemeentebediening
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 na kindertyd tydens erediens
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Belydenisklas: Geen kategese.
Tee en verversings vir kerkraad en gades na erediens in Braaikamer
(Geen tee vir gemeente)

MAANDAG
18h00 Gemeentebediening vergadering

DINSDAG
17h30 Liefde Leef kommissie vergadering
18h30 Eiendomskommissie vergadering

VOLGENDE SONDAG
09:00 Erediens
Deuroffers: Gemeentefonds

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R5 600-00
Deuroffers: R1 376-00
Getal lidmate in diens: 277 + inwoners van 2 ouetehuise

Evangelisasiereeks
Ons jaarlikse evangelisasiereeks is vanaf Sondag 9 tot Dinsdag 11 Februarie. (Sondag 09:00 en 18:30, Maandag 18:30 en Dinsdag 18:30.)  Die reeks word hierdie jaar gelei deur ds Cornie van der Merwe van Bredasdorp.
Lidmate word opgeroep en aangemoedig om hierdie reeks by te woon. Nooi asseblief ook vriende, kollegas, lidmate van enige kerk, asook mense wat nooit in die kerk kom nie. Bid asseblief saam vir vrug op die bediening van die Woord.

BIDURE TUISHUIS en GOTTLANDHUIS
Bidure hierdie kwartaal:
Tuishuis:
Don 6 Feb om 09:00
Don 5 Mrt om 09:00
Gottlandhuis:
Don 13 Feb om 09:00
Don 12 Mrt om 09:00

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
26/01 Christene Nelson, Millenniumpark 326
30/01 Bettie Kritzinger, Oudtshoorn Aftreeoord 5

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Anna-Marie Roeland, Keyterstraat
Anton Gerber, Oxfordstraat 85
Awie Stander, Russtraat 08
Joey Alberts, Buitekantstr 217
Judy van den Berg, Gottlandhuis K41
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met families en naasbestaandes wat geliefdes aan die dood afgestaan het:
Johan en Wilma Koegelenberg met die afsterwe van hul moeder, tannie Maria du Plessis (Bellinganhof). (Die troos- & dankdiens was reeds Vrydag.)

Missie Japan
Moedergemeente ondersteun en bid vir ons sendelinge in Japan.
Stéphan van der Watt, een van ons sendelinge by Missie Japan, vra dat ons asseblief ook in 2020 vir al ons sendelinge en die werk wat hulle doen, moet bid. Hy skryf dat baie Japannese die songod – die groot godin van die hemele, aanbid. Hulle sien hulleself as kinders van die keiser, wat van die songod afstam. Vir hierdie heidene is die Christelike godsdiens en wêreldbeeld heeltemal vreemd.
Stéphan vra dat as ons hierdie jaar weer die Japannese vlag (rooi son) iewers sien, moet ons onthou om vir hierdie land en sy mense te bid. Ons moet bid dat die Here Homself aan hierdie mense sal bekend maak.

Ons kan spesifiek vir die volgende bid:
*Sendelinge se diepe afhanklikheid van God *Sendelinge se verhoudinge met die mense ter wille van die evangelie *Sendelinge se taalvaardigheid om die evangelie beter te kommunikeer *Betekenisvolle besoek van sendelinge aan SA Junie tot September

Nuwe lidmate
WELKOM aan alle nuwe lidmate in Moedergemeente. Dis ons bede dat julle in Moedergemeente ‘n geestelike tuiste sal vind waar julle die Here se liefde beleef, en waar julle deur diensbaarheid en betrokkenheid geleentheid sal vind om die Heer se liefde uit te leef.  Mag julle saam met Moedergemeente groei in julle kennis van die Here en sy Woord, en so ook in julle liefde vir Hom!
By die deure is ‘n vormpie vir nuwe intrekkers wat jy kan invul.  Jy is ook welkom om ‘n draai by die kerkkantoor te maak (Maandae tot Vrydae 09:00 – 11:00), of om met ds Smuts van Rensburg kontak te maak (044 279 1679 / 082 921 6854).

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

Kontak jou leraar
In Moedergemeente leef ons ons leuse uit: Liefde leef! Lidmate word toegerus en geroep om die Heer se liefde uit te leef deur mekaar se laste te dra, mekaar by te staan, mekaar te bemoedig en mekaar te vermaan wanneer nodig. Ons is dus nie ‘n dominee-gemeente nie, maar wel ‘n gemeente waar lidmate mekaar bedien. Maar dit mag ook wees dat lidmate behoefte het aan ‘n geestelike gesprek met die predikant. Neem vrymoedigheid om ds Smuts van Rensburg te kontak as jy ‘n behoefte daaraan het – 0829216854. Kontak hom asb ook as jy bewus is van geestelike of fisiese nood, ernstige siekte of dood.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb. Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

LIDMAAT GEGEWENS
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

EERSTE KWARTAAL BELANGRIKE DATUMS
26 Januarie – Bevestiging nuwe Kerkraadslede
4 – 5 Februarie – Kantoor gesluit vir Begroting
7 Februarie – Biduur
9 – 11 Februarie – Evangelisasiereeks – ds Cornie van der Merwe van Bredasdorp
22 Februarie – Lektuurverspreiding
6 Maart – Wêreldbiddag vir Vroue
7 Maart – Wêreldbiddag vir Mans
9 – 11 Maart – Kantoor gesluit vir Oudit
29 Maart – Lofprysingsdiens – Jan de Wet

KOMMISSIEVERGADERINGS
Jeugkommissie: Sondag, 26 Januarie, 10h30 in die konsistorie.
Gemeentebediening: Maandagaand, 27 Januarie, 18h00 in die Skooltjie.
Liefde-Leef Kommissie: Dinsdagaand, 28 Januarie, 17h30 in die Skooltjie.
Eiendomskommissie: Dinsdagaand, 28 Januarie, 18h30 in die Skooltjie.
Diensverhoudingkommissie: Donderdagaand, 13 Februarie, 17h30 in die kerkkantoor.
Finanskommissie: Donderdagaand, 13 Februarie, 18h30 in die kerkkantoor.
KERKRAADSVERGADERING – 27 Februarie om 18h00 in die Skooltjie.

LIEFDE LEEF PROJEKTE
Daar is asb. groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap… Lappies en omkapgaring word ook asb benodig vir die maak van rokkies. Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

Om oor na te dink
Geloof is nie om te glo
dat God sal doen wat jy wil hê nie.
Geloof is om te glo
dat God sal doen wat reg is.
(Max Lucado)

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za