Bulletin 25 Augustus – 7 September 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
U Woord is die lamp wat my die weg wys,
die lig op my pad. (Ps 119:105)

VANDAG
Bybelsondag
09:30 Erediens
Deuroffers: Bybelvertaling
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 na kindertyd tydens erediens
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer

Om oor na te dink op Bybelsondag
Al leef ek ook ‘n duisend jaar
en lees dit elke dag
sal God se wonderlike Woord
my steeds voorsien van krag.
Al sal elke aardse ding
geruk word uit my hand,
bid ek dat ek my Bybel
nooit sal verpand.
En wanneer Hy my kom haal
en ek nie langer leiding soek,
sal ek voor Sy aangesig neerkniel
en dankie sê vir Sy Boek.
(Alice Hanche Mortenson)

MAANDAG
18:00 Kerkraadsvergadering in die Skooltjie

SONDAG, 1 SEPTEMBER
NASIONALE BIDDAG VIR DOWES
09:30 Erediens – Ds Hennie van Wyk
Deuroffers: Instituut vir Dowes

Afnaweek ds Smuts
Ds Smuts sal vanaf Donderdag tot Maandag sy kwartaallikse afnaweek neem.

VRYDAG, 6 SEPTEMBER
06:30 Biduur in die Skooltjie

SONDAG, 8 SEPTEMBER
BIDDAG VIR MELAATSES
TOERUSTINGSONDAG
09:30 NAGMAAL
Deuroffers: BADISA

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R7 036-70
Deuroffers: R1 160-70
Getal lidmate in diens: 378 + inwoners van 2 ouetehuise

Biduur vir kwartaal, Donderdag
12 September om 09:30 Tuishuis

Sondag 15 September
Sondag 15 September is lofprysingsdiens waartydens ons ook vir Len Viljoen ontvang. Len, ‘n blinde jong man, gaan ons met sang en sy getuienis bedien. Len het ‘n bediening waardeur hy vir minderbevoorregte blinde en swaksiende kinders beter geleenthede wil skep. Mense wat tot Len se bediening ‘n bydrae wil maak, kan dit in ‘n koevertjie sit en dit die Sondag saambring. Len se CD’s sal ook te koop wees teen R80.
* Ons deurkollekte op die 15e is ten bate van die dogters van ‘n huis by Herberg Kinderhuis. Moedergemeente wil graag teenoor hierdie dogters die Here se liefde laat leef.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
25/08 Suzy van Rensburg
26/08 Marie Visser, Bellinganhof K2
29/08 Nettie Nortjie, Bellinganhof K1
05/09 Louis van Huyssteen, Oranjestraat 16A
06/09 Sannie du Plessis, Tuishuiswoonstel 30
06/09 Rita Venter, Hoogstraat 161A
07/09 Hester Knoesen, Tuishuis W/S 14

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Bertha Langenhoven, Maraislaan 431, Palms
Cecile van Huyssteen, Oranjestraat 16A
Christene Nelson, Millenniumpark 326
Christo van Deventer, Buitekantstraat 21
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Kitty Nortier, St Saviourstraat 021
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Nettie van Zyl, Jonkerstraat 17
Rhiëtta Swanepoel, Merrimar w/s 312
Sidney Stander, Badenhorststraat 06
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Kontak gerus jou leraar
Ds Smuts van Rensburg is beskikbaar en kan gekontak word as iemand die behoefte het om oor geestelike sake te gesels, op soek is na geloofsekerheid en geestelike leiding, behoefte het aan vertroosting, bemoediging en berading. Kontak hom in geval van ernstige siekte, hospitalisasie, dood en geboorte.

‘n Behoefte in Bellinghanhof
Daar word gereeld in Bellinghanhof begrafnisdienste gehou. Die klavier in die lokaal waar die dienste gehou word, is uit stemming en benodig ook herstelwerk (van nie meer nie as R2000). ‘n Lidmaat het reeds ‘n vrywillige bydrae gemaak. Indien enige lidmaat vir hierdie doel ‘n bydrae wil maak, kan dit in ‘n gemerkte koevert in die bordjie geplaas word of by die kerkkantoor inbetaal word.

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Ondersteun asb hierdie projek. Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

NG Kerk Volmoed Dankfees
Datum: 31 Augustus, 11vm. Kiosk open reeds om 10 vm
Plek: NG Kerk Volmoed Kerksaal
Etes @ R65: Halwe hoender, 2 slaaie en roosterkoek
Ete-kaartjies is beskikbaar by Wilna 083 305 0167 of Daan 082 219 1517 of Koos 072 297 0531

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

NG Moedergemeente bied aan:
TRAILRUN & PRETSTAP/DRAF vir Bybels in wildskamp tussen veldblomme en diere. Almal ontvang ‘n medalje.  SATERDAG, 14 SEPTEMBER 2019 by Tsumkwe, tweede ingang by stoor aan linkerkant.  (16km op De Rust-pad. Hou asb in gedagte dat daar steeds padwerke is wat u reistyd gaan vertraag)

Afstande & Wegspringtye
±21km Trailrun 7H30
10km Trailrun 8H30
5km Stap / Draf 9H00

Trailrun se inskrywings kan vooraf gedoen word. Navrae: moedergemeenteodn@gmail.com

5km STAP / DRAF INSKRYWINGS VANAF 7H00 – 8H30

INSKRYWINGSFOOI
±21km Trailrun Volwassenes: R100-00
10km Trailrun Volwassenes: R80-00
Hoërskool Kinders: R50-00
5km Stap / Draf Volwassenes: R50-00
Kinders: R20-00

Gelukkige trekkings sal 10:30 begin! Daar sal ook pryse vir die wenners van die onderskeie afdelings wees. NAVRAE: Jodi 0823756770 of Riaana 0845839146 of Kerkkantoor 0442723130.  Koffie/tee, koeldrank, jaffels, roosterkoeke, pannekoek & poeding te koop. Sien julle daar, dit gaan lekker wees!

HELP ASB!!!!!!!!!!!!!!!! PRETSTAP,14 SEPTEMBER
Gelukkige trekkings: Ons is asb dringend op soek na pryse vir gelukkige trekkings. Indien u kan help, skakel asb Ds Smuts by 0829216854 / Riaana 0845839146 / kerkkantoor by 0442723130.
Poedings: Indien daar mense is wat poedings of vla kan skenk skakel asb die Kerkkantoor by 0442723130 / Riaana 0845839146
Skenkings: Ons benodig asb ook water, brode, maalvleis, bacon, eiers, wors, tamatie & uiesmoor, …
Hande: Ons benodig mense by die vlg tafels: Inskrywings, Jaffel & roosterkoek verkope, Poeding verkope, Braai van wors, Medaljes uitdeel.
Ons kan dit nie sonder julle hulp doen nie!