Bulletin 24 November 2019 – 18 Januarie 2020

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee;
Hy sal heers en Hy sal genoem word:
Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
(Jes 9:5)

VANDAG
09:00 Kinderdiens
Deuroffers: Dopelinge
Peuterkerk tydens erediens
Kategese gr 1 – 10 bly in kerk
Kinderdankofferkoeverte inhandig
10:00 KATEGESE AFSLUITING (uitdeel van sertifikate) – ouers welkom!
Geen tee
19:00 Kerssangdiens
Deuroffers: Liefde Leef (barmhartigheid) bediening

VOLGENDE SONDAG
BIDDAG IN AANSLUITING BY WÊRELDVIGSDAG
09:00 Erediens
Deuroffers: KK Skool (Jnr Kampus)

KERSSANGDIENS VANAAND 19:00
* Bring jou vriende en bure
* Ons sing saam met Belia Lourens oor Christus se geboorte
* Liefde Leef Geskenkpakkie vir Kersgeskenk vir behoeftiges
* Bring bordjie eetgoed (soet of sout) vir geselligheid na diens – almal genooi
* R100 vir CD van Belia as jy wil

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: 4 390-80
Deuroffers: R1 323-30
Getal lidmate in diens: 204 + inwoners van 2 ouetehuise

Verkiesing van Kerraadslede
Op ‘n kerkraadsvergadering, gehou op Maandag 18 November, is die volgende lidmate tot die kerkraad verkies:
Ouderlinge: Jan Loubser, Hester van Eck, (herkies)
Diakens: Betsie Swarts, Hennie Miles, (herkies) en Deon de Kock, Frikkie Snyman, Johan van Rooyen (verkies)

Besluit van kerkraad i.s. sgv
Sien asb die inligting op ‘n aparte bladsy ivm die kerkraad se besluit oor selfdegeslagverhoudinge. Kontak vir ds Smuts as jy daaroor wil gesels.

Leraar verlof
Ds Smuts sal vanaf 27 Desember tot 9 Januarie met verlof wees. In daardie tyd kan lidmate, (Slegs) in geval van nood of dood, vir ds Wilmar Matthee (Noord-gemeente) kontak – tel 044 272 2522.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
01/12 Baas Rademeyer, Swartsingel Nr 4A
02/12 Rina Malan, Tuishuis W/S 42
03/12 Alvin Aspeling, Jubileestraat 72
04/12 Jackie Hoffman, Tuishuis woonstel 41
14/12 Lizzie Sharp, Tuishuis Siekeboeg
16/12 Judy Coetzer, St Saviourstraat 61
16/12 Ester Lourens, St Georgesstr 138
19/12 Beulah Goussard, Keyterstraat 36
19/12 Louis Marais, Bellinganhof
22/12 Gertruida Westraad, Bellinganhof K3
22/12 Ria Fourie, Tuishuis Siekeboeg
26/12 At Stander, Milliniumpark 31
31/12 Minni Fletcher, Milliniumpark 94
01/01 Eslene Bester, Melkbossingel 21
05/01 Winnie Swart, Caves Aftreeoord 87
06/01 Henna de Bruyn, Tuishuis Siekeboeg
14/01 Correen Barnard, Tuishuis 36
14/01 Anna Horn, Tuishuis w/s 6

0ns bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Carol Burger, Gottlandhuis
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Esmé van Wyk, Buitekantstr
Frik van Zyl, Jonkerst 17
Judy van der Berg, Gottlandhuis K41
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Markus Nortjie, Oudtshoorn aftreeoord 126
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met families en naasbestaandes wat geliefdes aan die dood afgestaan het:
Gerrida en Kobus le Roux, met die afsterwe van Gerrida se ma, tannie Ina Broodryk (Bellinganhof).

EREDIENSTE TYDENS SKOOLVAKANSIE
1 Desember 09:00
8 Desember 09:00
15 Desember 09:00
16 Desember (Maandag) 09:00 Versoeningsdag/Geloftediens
22 Desember 09:00
29 Desember 09:00
31 Desember (Dinsdag) 23:15 Middernagdiens
5 Januarie 09:00
12 Januarie 09:00
19 Januarie 09:00 Kinderdiens & Kategese

KERKKANTOOR SAL GEDURENDE DIE SKOOLVAKANSIE SLEGS OOP WEES OP WOENSDAG, 11 DESEMBER & DINSDAG, 7 JANUARIE VAN 9 – 11 VM

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Ondersteun asb hierdie projek. Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

Kontak gerus jou leraar
Ds Smuts van Rensburg is beskikbaar en kan gekontak word as iemand die behoefte het om oor geestelike sake te gesels, op soek is na geloofsekerheid en geestelike leiding, behoefte het aan vertroosting, bemoediging en berading. Kontak hom in geval van ernstige siekte, hospitalisasie, dood en geboorte.

VAKATURES BY ELJADA NASORG
Eljada Nasorg is ‘n inrigting van die NG Kerk vir verstandelik ongeveer 100 inwonende gestremde persone. Daar is tans vakatures vir ‘n verpleegsuster asook vir ‘n stafverpleegster. Persone met die nodige kwalifikasies kan asb die bestuurder mev Wilma Lemmer tydens kantoorure skakel vir meer besonderhede – tel 044 279 1740
REKENAAR BENODIG
ELJADA NASORG benodig ‘n (tweedehandse) rekenaar en drukker vir gebruik deur instrukteurs vir stimulerende programme in belang van gestremde inwoners.

NG Kerk Volmoed Vleisbasaar
Saterdag 30 November om 10:00 in die NG Kerk Volmoed Kerksaal.
Kiosk open reeds om 09:00:
Roosterkoek, Hamburgers, Poeding, Pannekoek, Koeldrank, Koffie, Tee.
Navrae: Clara Mulder 084 504 3377

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

Klein Karoo OPWIPMARK
6 – 7 Desember NG Moedergemeente perseel
VR 10:00 – 19:00
SA 9:00 – 14:00
TEETUIN en LIGTE ETES ELKE DAG
6 Des AANDETE:
HOENDERBURGER @ R25
SIEN JOU DAAR!

Opwipmark
Verseker jou spasie by hierdie jaar se mark, kry jou aansoekvorm by kerkkantoor / opwipmark@gmail.com
Aansoeke sluit 25 November. Gebruik hierdie kans om jou produkte / allegaartjies wat jy nie gebruik nie te kom verkoop.
Jy betaal slegs vir jou stalletjiespasie, geen kommissie word afgestaan nie.

Baie dankie!
Baie dankie aan elke lidmaat wat in 2019 meegeleef en diensbaar was,
en wat sy/haar gawes gebruik het in diens van ons Heer.
Dankie in besonder aan kerkraad, dienswerkers, kategete!
Dankie aan ons skriba, koster, orrelis, skoonmakers.
Dankie aan die klank & rekenaar span en die orkes.
Dankie aan almal wat getrou hulle offergawes gegee het, sodat die werk van die Here kon voortgaan.
Dankie vir elke voorbidder!
Mag ons ook in die skoolvakansie en oor die feestyd trou bly in dit alles!

Seënwense uit die pastorie
Ons wens al ons lidmate, oud en jonk, ‘n geseënde feestyd toe. Mag ons almal ‘n ware Christusfees beleef! Mag ons die liefde van Christus opnuut in oorvloed ontvang… om dit weer met oorgawe te kan uitdeel!
Ds Smuts en Mariaan

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za