Bulletin 21 Februarie 2021

MOEDERGEMEENTE BULLETIN

Môresê liewe Moedergemeente! – mag julle almal ‘n geseënde Sondag beleef! Mag julle aan die voete van ons Heer stil word, en by Hom die ware rus en vrede vind.

KATEGESE: Ons wil graag met kategese aan die gang kom. Die kinders kom om 09:00 in die CJV-Saal bymekaar terwyl die erediens aan die gang is. (Kinders gaan direk saal toe)

Erediens volgende Sondag 28 Februarie 09:00: Onthou om jou naam deur die week by die kerkkantoor op te gee as jy erediens toe wil kom. Daar gaan ook om 10:00 ‘n erediens wees, MAAR DIE 10:00 DIENS IS SLEGS VIR KINDERS WAT BELYDENIS VAN GELOOF AFLÊ EN HUL FAMILIE/NABY VRIENDE. Hulle name is reeds by die kerkkantoor opgegee en daar is nie meer plek by die 10:00 diens beskikbaar nie. Bid asseblief hierdie week vir die 8 seuns en dogters wat belydenis van geloof aflê – dat hulle in toewyding aan die Here sal leef en dat hulle in die geloof sal volhard.

Kategese Sondag 28 Februarie 09:00: Onthou om Maandag-Donderdag jou kind se naam by die kerkkantoor op te gee as jou kind kategese gaan bywoon. Mag ons ouers as verbondsouers hulle doopbelofte nakom en ons kinders weer terugbring na die kategese. Ons wil stadig maar seker terug beweeg na normaal, en sal sover moontlik toesien dat aan veiligheidsmaatreëls voldoen word.

Donderdag Deurry-Wegneem ete – Hoenderhamburger en basaarpoeding: Sien asb apart die inligting. Onthou om voor/op MAANDAG te bestel!

Kerkraadsvergadering: Bid asb vir môre-aand se vergadering. Mag die Here self leiding gee in besluite, sodat Moedergemeente ‘n gemeente tot Sy eer sal wees!

Siekes:
Bid asseblief vir alle siekes – ook vir senior burgers in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde. Bid asb vir hulle wat in hospitaal was/is: Stanley van Rensburg, Cynthia Engels, Hettie Roeland.

Verfraaiing van kerktuin: Baie dankie vir skenkings en aan dié wat hard werk!!!