Bulletin 21 – 27 Julie 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Jesus U gaan voor – ons volg in U spoor.
U ken alle lewenspaaie, al die hoogtes, dieptes, draaie.
Kom en vat ons hand na die Vaderland.
(Lied 505:1)

VANDAG
09:30 Erediens
Deuroffers: Studentebearbeiding
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na kerkdiens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer

DONDERDAG
09:30 Biduur by Gottlandhuis

VOLGENGE SONDAG
09:30 Erediens
Deuroffers: Arbeidsbediening
11:15 Kategete vergadering

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R5 472-00
Deuroffers: R1 520-10
Getal lidmate in diens: 201 + inwoners van 2 ouetehuise

Bidure vir kwartaal, Donderdae
25 Julie om 09:30 Gottlandhuis
1 Augustus om 09:30 Tuishuis
22 Aug om 09:30 Gottlandhuis
5 September om 09:30 Tuishuis
Alle inwoners van Gottlandhuis en Tuishuis, ongeag aan watter kerk of Gemeente jy behoort, is welkom by die bidure. Ander lidmate wat nie in Gottlandhuis of Tuishuis woon nie, is ook baie welkom om die bidure by te woon.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
22/07 Toekie Blignault, Gottlandhuis K38
23/07 Jannie Maree, Riempie Village No 19
23/07 Sidney Stander, Badenhorststraat 06
27/07 Dollie Strydom, TuishuisSiekeboeg

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Martin Strüwig, Buitekantstraat 71
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Susan van Heerden, Parkweg
Cecile van Huyssteen, Oranjestraat 16A
Kitty Nortier, St Saviourstraat 021
Martie Jonck, Tuishuis Siekeboeg B
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Keith Kohn, Randstraat
George Wallace, Riempie Uitzicht
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met families en naasbestaandes wat geliefdes aan die dood afgestaan het:
Neels en Madeleine Wright met afsterwe van Madeleine se moeder.

NUWE LIDMATE:
Baie welkom aan die volgende. lidmate, wie se lidmaatskapbewyse ons ontvang het.
Vanaf Oudtshoorn-Park:
Uys (néé Loftie-Eaton), Anna Magrietha, Bernstraat 1, Wyk: 28C
Vanaf APK Oudtshoorn:
Malan, Anthonie Christoff, Hoopstraat 38, Wyk: 33E

Kontak gerus jou leraar
Ds Smuts van Rensburg is beskikbaar en kan gekontak word as iemand die behoefte het om oor geestelike sake te gesels, op soek is na geloofsekerheid en geestelike leiding, behoefte het aan vertroosting, bemoediging en berading. Kontak hom in geval van ernstige siekte, hospitalisasie, dood en geboorte.

Herstelwerk in kerk
Die kerkraad het besluit en begroot om hierdie jaar noodsaaklike herstelwerk in die kerkgebou te doen. Ons vra om verskoning vir enige ongerief. (En as daar iewers ‘n bietjie stof is, vra ons begrip.)

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Ondersteun asb hierdie projek. Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

KOMMISSIEVERGADERINGS
Jeugkommissie:
Sondag, 28 Julie, 11h15 in die konsistorie.
Eiendomskommissie:
Maandagaand, 29 Julie, 18h00 in die Skooltjie.
Liefde Leef kommissie:
Dinsdagaand, 30 Julie, 18h00 in die Skooltjie.
Gemeentebediening:
Maandagaand, 12 Augustus, 17h30 in die Skooltjie.
DVK & Finanskommissie:
Dinsdagaand, 13 Augustus, 17h30 in die kerkkantoor.
KERKRAADSVERGADERING
26 Augustus, 18h00 in die Skooltjie.

Liefde Leef Projekte:
Baie dankie aan al die dames wat brei, hekel , klere maak en klere en kos na noodspens bring.  Dit word baie waardeer. Ons het wol, materiaal en kinderklere nodig en sal dankbaar wees indien u dit kan afgee by die noodspens of kontak Ellen Marais by 082 214 5910

NG Moedergemeente bied aan:
TRAILRUN & PRETSTAP/DRAF vir Bybels in wildskamp tussen veldblomme en diere. Almal ontvang ‘n medalje
SATERDAG, 14 SEPTEMBER 2019: Tsumkwe, tweede ingang by stoor aan linkerkant.
(16km op De Rust-pad. Hou asb in gedagte dat daar steeds padwerke is wat u reistyd gaan vertraag)
Afstande & Wegspringtye
±21km Trailrun 7H30
10km Trailrun 8H30
5km Stap / Draf 9H00
Trailrun se inskrywings kan vooraf gedoen word. Navrae: moedergemeenteodn@gmail.com

5km STAP / DRAF INSKRYWINGS VANAF 7H00 – 8H30

INSKRYWINGSFOOI
±21km Trailrun Volwassenes: R100-00
10km Trailrun Volwassenes: R80-00 en Hoërskool Kinders: R50-00
5km Stap / Draf Volwassenes: R50-00 en Kinders: R20-00

Gelukkige trekkings sal 10:30 begin! Daar sal ook pryse vir die wenners van die onderskeie afdelings wees.

NAVRAE: Jodi 0823756770 of Riaana 0845839146 of Kerkkantoor 0442723130
Koffie/tee, koeldrank, jaffels, roosterkoeke, pannekoek & poeding te koop.
Sien julle daar, dit gaan lekker wees!

HELP ASB!!!!!!!!!!!!!!!!
PRETSTAP 14 SEPTEMBER
Gelukkige trekkings
Ons is asb dringend op soek na pryse vir gelukkige trekkings.
Indien u kan help, skakel asb Ds Smuts by 0829216854 / Riaana 0845839146 / kerkkantoor by 0442723130.
Poedings
Indien daar mense is wat poedings of vla kan skenk skakel asb die Kerkkantoor
by 0442723130 / Riaana 0845839146
Skenkings
Ons benodig asb ook water, deeg, brode, maalvleis, bacon, eiers, wors, kaneelsuiker, pannekoekdeeg, tamatie & uiesmoor, hout …

Hande – Ons benodig mense by die vlg tafels:
Inskrywings
Pannekoek bak
Jaffel & roosterkoek verkope
Poeding verkope
Koffie & koeldrank verkope
Braai van wors
Medaljes uitdeel
Ons kan dit nie sonder julle hulp doen nie.

NG Kerk Oudtshoorn-Suid bied aan: VROUE-AAND
Dinsdag 6 Aug 2019 om 18:30 in die Anneks (langs Kerksaal)
Tema: Pienk Pret
Drag: Semi-formeel met iets pienk
AAND VOL PRET met gaskunstenaars Tania Smit (skrywer) en
Janine Fourie (sanger)
PRYS: R130 (Ligte aandete ingesluit)
Kaartjies by Oudtshoorn-Suid Kerk-kantoor en Marianne Dall 083 564 3508

NG Kerk Volmoed Dankfees
Datum: 31 Augustus, 11vm.
Kiosk open reeds om 10 vm
Plek: NG Kerk Volmoed Kerksaal
Etes @ R65: Halwe hoender, 2 slaaie en roosterkoek
Ete-kaartjies is beskikbaar by Wilna 083 305 0167 of Daan 082 219 1517 of Koos 072 297 0531

Om oor na te dink
Die lewe is kort en ons het nooit genoeg tyd om die hart te verbly
van hulle wat saam met ons die lewenspad loop nie.
So, wees vinnig om lief te hê!
Wees haastig om vriendelik te wees!
(Henri Frédéric Amiel)