Bulletin 20 September 2020

MOEDERGEMEENTE BULLETIN:

Doen asb voorbidding vir kerkraad wat in die lig van nuwe vlak van inperking besluite moet neem ivm bediening en bedryf van gemeente.
Die gemeente sal per sms en whatsapp ingelig word van besluite.

Volgende naweek stuur ek nie Youtube boodskappe uit nie. Ek neem ‘n afnaweek. Ds Gerrit sal die erediens in die kerkgebou lei.

Moedergemeente braai saam in die gees Donderdag 24 September. Daar is reeds 145 braaipak-bundels bestel. As jy nog ‘n bestelling wil plaas, kan jy Louise kontak voor Maandag 12:00.

Bid asb vir siekes in ons gemeente: Ina Kapp, Cynthia Engels, Rhietta Swanepoel, Neels Crafford.

Meegevoel met familie met afsterwe van tannie Sharp van Tuishuis (ons oudste lidmaat – 102).
Meegevoel met Hettie en Johan Wagener met afsterwe van Hettie se moeder, tannie Hettie Muller (Tuishuis)

Mag julle almal ‘n geseënde Sondag hê – en mag julle in die nuwe week leef uit die oorwinningskrag van Jesus se opstanding!