Bulletin 20-26 Januarie 2019

Ds Gerrit van Schalkwyk: Leef liefde? (1 Joh 3: 16 – 24)

VANDAG
09:00 Erediens
Deuroffers: Gemeentefonds
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na kerkdiens.
Belydenisklas na kerkdiens.
Tee na afloop van die diens.

DINSDAG
Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie begin vanaf Februarie.

WOENSDAG
18h00 Gesprek met alle ouderlinge, diakens en dienswerkers in die Skooltjie

DONDERDAG
09h00 Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie
09h00 Bybelstudie by Gottlandhuis
09h30 Bybelstudie by Tuishuis
17h15 Eredienskommissie in die konsistorie.

VOLGENDE SONDAG
09:00 Erediens
Deuroffers: Arbeidsbediening Plaaslik
10:30 Kategete vergadering

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R6 558-60
Deuroffers: R1 449-20
Getal lidmate in diens: 373 + inwoners van 2 ouetehuise

Gesprek met alle ouderlinge, diakens en dienswerkers
Ons nooi ouderlinge, diakens en dienswerkers na ‘n ontmoeting op Woensdag 23 Januarie vanaf 18:00 tot 19:30 in Die Skooltjie. Ons gaan saam besin oor ons rol in die gemeente, sodat Moedergemeente ook in 2019 die Here se liefde kan laat leef!

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
22/01 Alet Schoemen, Bellinganhof 1ste vloer K210
26/01 Christine Nelson, Millenniumpark 326

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Danie Niemand, Oxfordstraat 94(1)
Kobus Terblanche, Swartsingel
Bettie Kritzinger, Oudtshoorn Aftreeoord 5
Antoinette Gerber, Langenhoven Village Nr 3
Katy Strydom, Tuishuis W/S 22
Bettie Meyer, Parkweg 48
Johann van Zyl, Bertram w/s 1
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met:
Rentia Bresler en familie, met afsterwe van haar moeder.

Baie dankie aan Sarie de Wet wat vir baie jare leiding geneem het deur saam met ‘n span vroue die peuters tydens eredienste sinvol besig te hou en te bedien. Baie dankie ook aan die ander vroue wat steeds betrokke is by hierdie bediening.
Marisa Verwey neem voortaan die leiding en wil deur die Peuterkerk aan ouers van voorskoolse kinders geleentheid bied om in rustigheid eredienste by te woon, terwyl hulle kinders sinvol besig gehou word. Ouers wat hulle voorskoolse kinders na die Peuterkerk wil bring, óf wat self by die Peuterkerk bediening betrokke wil raak, kan asb vir Marisa kontak by 0765470066.

BIDURE – GOTTLANDHUIS
24 Januarie
21 Februarie
07 Maart
18 April

KOMMISSIEVERGADERINGS
Eredienskommissie: Donderdagaand, 24 Januarie, 17h15 in die konsistorie.

Jeugkommissie: Sondag, 27 Januarie, 10h30 in die konsistorie.

Gemeentebediening: Maandagaand, 28 Januarie, 17h30 in die Skooltjie.

Eiendomskommissie: Maandagaand, 28 Januarie, 18h30 in die Skooltjie.

Liefde-Leef Kommissie: Dinsdagaand, 29 Januarie, 18h00 in die Skooltjie.

Diensverhoudingkommissie: Dinsdagaand, 19 Februarie, 17h30 in die kerkkantoor.

Finanskommissie: Dinsdagaand, 19 Februarie, 18h30 in die kerkkantoor.

Kategese belydenisklas en ouers
Kinders in die belydenisklas en hulle ouers word genooi na ‘n gespreksete met ds Smuts op Woensdag 30 Januarie om 18:00. Sien asb die skrywe wat deur die kinders uitgestuur word en antwoord asb voor Maandag 28 Jan om te bevestig daat julle die geleentheid gaan bywoon.

EVANGELISASIEREEKS
Onthou ons Evangelisasiereeks
Sondag 10 Februarie 09:00 en 18:30
Maandag 11 Febr 18:30 en Dinsdag 12 Feb 18:30
Prediker: Dr Dave Viljoen van Kenridge
Tema: Breek soos brood
Bring jou vriend, werknemer, gelowiges van enige gemeente om saam geestelik toegerus en opgebou te word.

NUWE LIDMATE:
Baie welkom aan die volgende. lidmate, wie se lidmaatskapbewyse ons ontvang het.
Vanaf Mosselbaai:
Marais, Gabriël Louis, Gottlandhuis K35 (Wyk: Gottlandhuis)

Vanaf Oudtshoorn-Wes:
Barnard, Christiaan Jacobus, San Remo w/s 23 (Wyk: 33B)
Bezuidenhout, Estelle (geb. v/d Westhuizen), Gottlandhuis (Wyk: Gottlandhuis)
Fourie, Hester Cecilia (geb. Janse van Rensburg), San Remo w/s 23 (Wyk: 33B)

Vanaf Uniondale:
O’Neale, Gerrit Du Preez, Swartsingel 18 (Wyk: 21D)

POTJIEKOS GESELLIGHEID
Ons wil graag Vrydag, 1 Maart, ‘n Potjiekos geselligheid in die binnehof van die Gemeentesentrum hou.
Etekaartjies sal ook vanaf einde Januarie beskikbaar wees vir die heerlike potjiekos. Enigeen wat belangstel om potte te maak en/of bestanddele te skenk kan vir ds Gerrit skakel by 0442791751 of 0828782954)

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb. Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

WEEK VAN GEBED
Gelei deur Dr Kobus van Zyl
Plek: NG Kerk Volmoed
Datum: 20 – 23 Januarie; Tyd: 19h00. Almal is welkom!

Ete en Praatjie vir Sakepersone en ander belangstellendes
(Ligte Middagete) Saam met Senior Toekomskundige van Universiteit Stellenbosch se Instituut vir Toekomsstudies  : DORIS VILJOEN
Tema: Sewe stilhouplekke na die toekoms van besigheid in SA
Vrydag 8 Februarie 12:30 – 14:00
Moedergemeente Kerksaal
Toegang (ete plus praatjie): R150
(Die ete word aangebied as ‘n fondsinsamelingsprojek ten bate van NG Moedergemeente)

Kontak ons leraars
Indien jy ‘n geestelike behoefte het en graag met een van ons leraars wil gesels, neem vrymoedigheid om een van hulle te kontak:
Ds Gerrit van Schalkwyk 0442791751 of 0828782954
Ds Smuts van Rensburg 044 279 1679 / 082 921 6854

Almanakke
Lidmate wat nog nie almanakke ontvang het nie, kan dit asb by die kantoor kom afhaal tydens kantoorure.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630,
takkode 175205

Leraar: Ds Gerrit van Schalkwyk: Tel: 0442791751 : Sel: 0828782954
Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za