Bulletin 2 – 15 Februarie 2020

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. (1 Kor 1:18)

VANDAG
09:00 Erediens
Deuroffers: Gemeentefonds
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens.
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer

DINSDAG
08H45 & 10H00 Bybelstudie in konsistorie.

DONDERDAG
09h00 Biduur by Tuishuis

VRYDAG
06h00 Biduur in Skooltjie

SONDAG, 9 FEBRUARIE
09:00 Evangelisasiereeks – Ds v/d Merwe
Deuroffers: Gemeentebediening
18:30 Evangelisasiereeks – Ds v/d Merwe
Deuroffers: Gemeentebediening

MAANDAG, 10 FEB & DINSDAG, 11 FEB
18:30 Evangelisasiereeks – Ds v/d Merwe
Deuroffers: Gemeentebediening

DINSDAG, 11 FEBRUARIE
08H45 & 10H00 Bybelstudie in konsistorie

DONDERDAG, 13 FEBRUARIE
09h00 Biduur by Gottlandhuis
17h30 Diensverhoudinge in kantoor
18h30 Finanskommissie in kantoor

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R6 121-80
Deuroffers: R1 541-80
Getal lidmate in diens: 288 + inwoners van 2 ouetehuise

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
04/02 Hermien Vermaak, Oudtshoorn Aftreeoord 119
06/02 Elna van der Westhuizen, Sonnehof Nr 6
10/02 Hester van Eck, Tuishuis W/S 05

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Adré Hearne, Nuwestraat 5
Anton Gerber, Oxfordstraat 85
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met:
Familie met die afsterwe van Marthie Jonck (Tuishuis). Troos- en dankdiens Maandag 14:00 in Tuishuis.
Familie met die afsterwe van Hester Daniëls (Tuishuis).

BYBELSTUDIE
Daar sal weer vanaf 4 Februarie elke Dinsdag om 08h45 & 10h00 Bybelstudie in die konsistorie wees onder leiding van Ilsa van Schalkwyk.
Almal is welkom!!!

BIDURE TUISHUIS en GOTTLANDHUIS
Bidure hierdie kwartaal:
Tuishuis:
Don 6 Feb om 09:00
Don 5 Mrt om 09:00
Gottlandhuis:
Don 13 Feb om 09:00
Don 12 Mrt om 09:00

KERKKANTOOR IS GESLUIT DINSDAG & WOENSDAG (4 & 5 FEBRUARIE) A.G.V. OPSTEL VAN BEGROTING

NUWE LIDMATE:
Baie welkom aan die volgende. lidmate, wie se lidmaatskapbewyse ons ontvang het.

Vanaf Volmoed:
Olivier, Anton, Kleinbegin Wyk: Volmoed

Vanaf Oudtshoorn-Noord:
Snyman, Johannes Willem, Hillstraat 102 Wyk: 11A
Snyman, Doreen Daisy (Geb. Ellis), Hillstraat 102 Wyk: 11A

Vanaf George:
Kapp, Mario Derick, Oostenhuizenstraat 23 Wyk:27B
Kapp, Natasha (Geb. Bence), Oostenhuizenstraat 23 Wyk:27B
Kapp, Derick, Oostenhuizenstraat 23 Wyk:27B

EVANGELISASIEREEKS
Sondag 9 – Dinsdag 11 Februarie

TEMA: JY HET NET EEN LEWE, LEEF DIT !!! Prediker: Ds Cornie vd Merwe (Bredasdorp)

Sondagoggend 09:00: Deelnemers aan die afloswedloop in die span van die Koninkryk (Joh.20:19-31)
Sondagaand 18:30: ‘n Ketel wat nie ingeplugg is nie, kan nie kook nie (Efes.1:19-20; 3:14-20)
Maandagaand 18:30: Oorwin skuldgevoelens (Fil. 3:1-14)
Dinsdagaand 18:30: Net wat inloop, kan weer uitloop (Hand. 3:1-10)
Nooi ‘n vriend, kollega, buurman om saam te kom luister na die Woord!

Kontak jou leraar
In Moedergemeente leef ons ons leuse uit: Liefde leef! Lidmate word toegerus en geroep om die Heer se liefde uit te leef deur mekaar se laste te dra, mekaar by te staan, mekaar te bemoedig en mekaar te vermaan wanneer nodig. Ons is dus nie ‘n dominee-gemeente nie, maar wel ‘n gemeente waar lidmate mekaar bedien. Maar dit mag ook wees dat lidmate behoefte het aan ‘n geestelike gesprek met die predikant.
Neem vrymoedigheid om ds Smuts van Rensburg te kontak as jy ‘n behoefte daaraan het – 0829216854. Kontak hom asb ook as jy bewus is van geestelike of fisiese nood, ernstige siekte of dood.

Kerktuin
Die Eiendomskommissie wil graag, indien moontlik, aandag gee aan die verfraaiing van die kerk se tuin. Indien daar ‘n kundige is wat graag sy/haar hulp wil aanbied vir beplanning, kontak asb vir ds Smuts van Rensburg.

Nuwe lidmate
WELKOM aan alle nuwe lidmate in Moedergemeente. Dis ons bede dat julle in Moedergemeente ‘n geestelike tuiste sal vind waar julle die Here se liefde beleef, en waar julle deur diensbaarheid en betrokkenheid geleentheid sal vind om die Heer se liefde uit te leef. Mag julle saam met Moedergemeente groei in julle kennis van die Here en sy Woord, en so ook in julle liefde vir Hom!
By die deure is ‘n vormpie vir nuwe intrekkers wat jy kan invul. Jy is ook welkom om ‘n draai by die kerkkantoor te maak (Maandae tot Vrydae 09:00 – 11:00), of om met ds Smuts van Rensburg kontak te maak (044 279 1679 / 082 921 6854).

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb. Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

KOMMISSIEVERGADERINGS
Diensverhoudingkommissie: Donderdagaand, 13 Februarie, 17h30 in die kerkkantoor.
Finanskommissie: Donderdagaand, 13 Februarie, 18h30 in die kerkkantoor.
KERKRAADSVERGADERING :  27 Februarie om 18h00 in die Skooltjie.

EERSTE KWARTAAL BELANGRIKE DATUMS
4 – 5 Februarie: Kantoor gesluit vir Begroting
7 Februarie: Biduur
9 – 11 Februarie: Evangelisasiereeks – ds Cornie van der Merwe van Bredasdorp
22 Februarie: Lektuurverspreiding
6 Maart: Wêreldbiddag vir Vroue
7 Maart: Wêreldbiddag vir Mans
9 – 11 Maart : Kantoor gesluit vir Oudit
29 Maart: Lofprysingsdiens – Jan de Wet

LIEFDE LEEF PROJEKTE:
Daar is asb. groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap… Lappies en omkapgaring word ook asb benodig vir die maak van rokkies. Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za