Bulletin 19 – 25 Januarie 2020

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg: My grootste wens vir 2020 is…

VANDAG
09h00 Kinderdiens
Deuroffers: Gemeente Jeug
Peuters bly in die kerk
Kategese Gr 1 -3 bly in die kerk
Kategese Gr 4-11 bly in die kerk
Kategese: Alle kinders bly na die erediens in die kerk vir opening van kategese en
klasindelings. Daarna kan die kinders saam ‘n stukkie waatlemoen geniet!
Almal welkom: Skop die jaar op ‘n gesellige noot af deur na die erediens ‘n stukkie
waatlemoen / spanspek te geniet!

MAANDAG
06h00 Biduur in die Skooltjie

DINSDAG
06h00 Biduur in die Skooltjie

WOENSDAG
06h00 Biduur in die Skooltjie

DONDERDAG
06h00 Biduur in die Skooltjie

VRYDAG
06h00 Biduur in die Skooltjie

VOLGENDE SONDAG
09:00 Erediens
Bevestiging van kerkraadslede
Deuroffers: Gemeentebediening

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R4 041-00
Deuroffers: R1 295-10
Getal lidmate in diens: 160 + inwoners van 2 ouetehuise

KATEGESE
Baie welkom aan al ons jongmense. Ons glo dat vanjaar geestelik verrykend sal wees en dat ons almal net nog nader aan ons Hemelse Vader sal groei.
Die graad 1 kinders moet saam met die res van die kinders in die kerk bly na afloop van die diens, sodat hulle in hul onderskeie klasse ingedeel kan word.

Kategete vergadering van vanoggend skuif na Sondag, 26 Januarie 10h30 in konsistorie.

Dankie
Ds Smuts bedank almal wat hom deur oproepe, whatsapp- of sms-boodskappe geluk gewens het met sy verjaarsdag. Baie dankie vir die mooi wense – dit word opreg waardeer.

LIEF EN LEED

VERJAARSDAE 80+ jr:
22/01 Alet Schoeman, Bellinganhof 1ste vloer K210
24/01 Pieter Lategan, Oudtshoornaftreeoord 109

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Marthie Olivier, Rosspark 12
Hansie Grundling, Kampstraat 2
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met families en naasbestaandes wat geliefdes aan die dood afgestaan het:
Naasbestaandes van Ria Fourie (Tuishuis) asook Markus Nortjé (Oudtshoorn Aftreeoord) met hul afsterwe tydens die eerste twee weke van Januarie.
Jannie Maree (Riempie Village) met die afsterwe van sy broer.

WEEK van GEBED
Die belangrikste punt van waar ons ons jaar se werksaamhede kan aanpak, is deur biddend aan die voete van ons Heer te buig. Ons kom hierdie week van Maandag tot Vrydag elke oggend vanaf 06:00 – 06:30 in die Skooltjie bymekaar om voorbidding te doen vir verskeie sake.

Almanakke
Lidmate wat nog nie almanakke ontvang het nie, kan dit na afloop van die erediens of gedurende die week by die kantoor kom afhaal. (LW kantoorure Maandae tot Vrydae 09:00 – 11:00)

HELP ASB!!!!
Moedergemeente se peuters, kleuters, tieners en die jeug lê ons baie naby aan die hart en benodig ons ook in dié gedeelte van ons bediening ooms en tannies om te help met die leiding en die lering van dié kosbare skatte in God se Koninkryk! Indien u voel die Here druk dit op u hart om betrokke te raak in hierdie bediening vra ons u om met Louise de Wet (0723405270) of  Ds Smuts in verbinding te tree.

BIDURE TUISHUIS en GOTTLANDHUIS

Bidure hierdie kwartaal:
Tuishuis:
Don 6 Feb om 09:00
Don 5 Mrt om 09:00
Gottlandhuis:
Don 13 Feb om 09:00
Don 12 Mrt om 09:00

Nuwe lidmate
WELKOM aan alle nuwe lidmate in Moedergemeente. Dis ons bede dat julle in Moedergemeente ‘n geestelike tuiste sal vind waar julle die Here se liefde beleef, en waar julle deur diensbaarheid en betrokkenheid geleentheid sal vind om die Heer se liefde uit te leef. Mag julle saam met Moedergemeente groei in julle kennis van die Here en sy Woord, en so ook in julle liefde vir Hom! By die deure is ‘n vormpie vir nuwe intrekkers wat jy kan invul. Jy is ook welkom om ‘n draai by die kerkkantoor te maak (Maandae tot Vrydae 09:00 – 11:00), of om met ds Smuts van Rensburg kontak te maak (044 279 1679 / 082 921 6854).

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

Kontak jou leraar
In Moedergemeente leef ons ons leuse uit: Liefde leef! Lidmate word toegerus en geroep om die Heer se liefde uit te leef deur mekaar se laste te dra, mekaar by te staan, mekaar te bemoedig en mekaar te vermaan wanneer nodig. Ons is dus nie ‘n dominee-gemeente nie, maar wel ‘n gemeente waar lidmate mekaar bedien. Maar dit mag ook wees dat lidmate behoefte het aan ‘n geestelike gesprek met die predikant. Neem vrymoedigheid om ds Smuts van Rensburg te kontak as jy ‘n behoefte daaraan het – 0829216854. Kontak hom asb ook as jy bewus is van geestelike of fisiese nood, ernstige siekte of dood.

STILDIAKEN BLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb. Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

EERSTE KWARTAAL BELANGRIKE DATUMS

20 – 24 Januarie – Week van Gebed

26 Januarie – Bevestiging nuwe Kerkraadslede

31 Januarie – Belydenisklas & ouers – ete

4 – 5 Februarie – Kantoor gesluit vir Begroting

7 Februarie – Biduur

9 – 11 Februarie – Evangelisasiereeks

22 Februarie – Lektuurverspreiding

6 Maart – Wêreldbiddag vir Vroue / Wêreldbiddag vir Mans

9 – 11 Maart – Kantoor gesluit vir Oudit

KOMMISSIEVERGADERINGS

Jeugkommissie: Sondag, 26 Januarie, 10h30 in die konsistorie.

Gemeentebediening: Maandagaand, 27 Januarie, 18h00 in die Skooltjie.

Liefde-Leef Kommissie: Dinsdagaand, 28 Januarie, 17h30 in die Skooltjie.

Eiendomskommissie: Dinsdagaand, 28 Januarie, 18h30 in die Skooltjie.

Diensverhoudingkommissie: Donderdagaand, 13 Februarie, 17h30 in die kerkkantoor.

Finanskommissie: Donderdagaand, 13 Februarie, 18h30 in die kerkkantoor.

KERKRAADSVERGADERING 27 Februarie om 18h00 in die Skooltjie.

LIEFDE LEEF PROJEKTE:
Na Desember vakansie is ons spens dol leeg. Daar is asb. groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap…
Lappies en omkapgaring word ook asb benodig vir die maak van rokkies. Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

Om oor na te dink
Kyk of jy vandag jou hart kan verleng en jou liefde kan laat toeneem sodat dit nie net diegene aanraak vir wie jy dit maklik kan gee nie, maar ook diegene wat dit so broodnodig het.
(Daphne Rose Kingma)

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za