Bulletin 18 – 24 Augustus 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Hy het My met eerbied gedien en vir my Naam ontsag gehad.
Hy het die volk my wil reg geleer en niks verdraai nie.
Hy het naby my geleef, heelhartig en opreg
en hy het baie laat afsien van hulle sonde.
(Mal 2:6)

VANDAG
Welkom aan Struisies se Ad Astra Koor wat tydens die diens optree
09:30 Erediens
Deuroffers: Jeugwerk
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 na kindertyd tydens erediens
Kategese Gr 4-10 na kerkdiens.
Belydenisklas geen kategese vandag.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer

DONDERDAG
09:30 Biduur by Gottlandhuis

VOLGENDE SONDAG
Bybelsondag
09:30 Erediens
Deuroffers: Bybelvertaling

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R5 818-10
Deuroffers: R1 329-90
Getal lidmate in diens: 219 + inwoners van 2 ouetehuise

Dankie vir voorbidding
Ds Smuts en sy kategese belydenisklas en twee ouerpare was verlede naweek op ‘n uitreik Kaap toe om besoek te bring aan Straatwerk en ‘n gevangenis. Dankie vir almal se voorbidding. Behalwe dat ons almal veilig terug is, was die uitreik vir almal tot groot seën!

Bidure vir kwartaal, Donderdae
22 Augustus om 09:30 Gottlandhuis
12 September om 09:30 Tuishuis

KERKRAADSVERGADERING 26 Augustus, 18h00 in die Skooltjie.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
21/08 Dries Swanepoel, Jubileestraat 73

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Cecile van Huyssteen, Oranjestraat 16A
Christene Nelson, Millenniumpark 326
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Emmie King, Millenniumpark 309
Kitty Nortier, St Saviourstraat 021
Kitty Viviers, Hooper w/s 1
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Nettie van Zyl, Jonkerstraat 17
Rhiëtta Swanepoel, Merrimar w/s 312
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met families en naasbestaandes wat geliefdes aan die dood afgestaan het:
Ryno en Liezel Eksteen (De Rust) met die afsterwe van Ryno se vader.
Willem en Suzie Voigt (Tuishuis) met die afsterwe van Willem se broer.

NOODSPENS:
Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang. Ons het hierdie maand net nodig gehad om R4 600 se kruideniersware aan te koop vir ons gesinne in nood.

NUWE LIDMATE:
Baie welkom aan die volgende. lidmate, wie se lidmaatskapbewyse ons ontvang het.
Vanaf Oudtshoorn-Park: Coetzer (néé Cronje), Adél, Hospitaalstraat 9 (Wyk: 28C)
Vanaf Clanwilliam: Alberts (néé Seal), Debbie en Alberts, Juanita, Randstraat 67 (Wyk: 25)
Vanaf Uniondale: Voigt, Willem Jacob Gotlieb en Voigt (néé Steyn), Susara Susanna, Tuishuis w/s 67A (Wyk: Tuishuis)

Kontak gerus jou leraar
Ds Smuts van Rensburg is beskikbaar en kan gekontak word as iemand die behoefte het om oor geestelike sake te gesels, op soek is na geloofsekerheid en geestelike leiding, behoefte het aan vertroosting, bemoediging en berading. Kontak hom in geval van ernstige siekte, hospitalisasie, dood en geboorte.

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Ondersteun asb hierdie projek. Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

NG Kerk Volmoed Dankfees
Datum: 31 Augustus, 11vm. Kiosk open reeds om 10 vm
Plek: NG Kerk Volmoed Kerksaal
Etes @ R65: Halwe hoender, 2 slaaie en roosterkoek
Ete-kaartjies is beskikbaar by Wilna 083 305 0167 of Daan 082 219 1517 of Koos 072 297 0531

NG Moedergemeente bied aan:
TRAILRUN & PRETSTAP/DRAF vir Bybels op SATERDAG, 14 SEPTEMBER 2019 in wildskamp tussen veldblomme en diere. By Tsumkwe, tweede ingang by stoor aan linkerkant. (16km op De Rust-pad. Hou asb in gedagte dat daar steeds padwerke is wat u reistyd gaan vertraag). Almal ontvang ‘n medalje.

Afstande & Wegspringtye
±21km Trailrun 7H30
10km Trailrun 8H30
5km Stap / Draf 9H00
Trailrun se inskrywings kan vooraf gedoen word. Navrae: moedergemeenteodn@gmail.com
5km STAP / DRAF INSKRYWINGS VANAF 7H00 – 8H30

INSKRYWINGSFOOI
±21km Trailrun Volwassenes: R100-00
10km Trailrun Volwassenes: R80-00
Hoërskool Kinders: R50-00
5km Stap / Draf Volwassenes: R50-00
Kinders: R20-00

Gelukkige trekkings sal 10:30 begin! Daar sal ook pryse vir die wenners van die onderskeie afdelings wees. NAVRAE: Jodi 0823756770 of Riaana 0845839146 of Kerkkantoor 0442723130.
Koffie/tee, koeldrank, jaffels, roosterkoeke, pannekoek & poeding te koop. Sien julle daar, dit gaan lekker wees!

HELP ASB!!!!!!!!!!!!!!!! PRETSTAP,14 SEPTEMBER
Gelukkige trekkings: Ons is asb dringend op soek na pryse vir gelukkige trekkings. Indien u kan help, skakel asb Ds Smuts by 0829216854 / Riaana 0845839146 / kerkkantoor by 0442723130.
Poedings : Indien daar mense is wat poedings of vla kan skenk skakel asb die Kerkkantoor by 0442723130 / Riaana 0845839146
Skenkings: Ons benodig asb ook water, brode, maalvleis, bacon, eiers, wors, tamatie & uiesmoor, …
Hande: Ons benodig mense by die vlg tafels: Inskrywings, Jaffel & roosterkoek verkope, Poeding verkope, Koffie & koeldrank verkope, Braai van wors, Medaljes uitdeel. Ons kan dit nie sonder julle hulp doen nie.

Ek wens vir jou…
‘n Bril – sodat jy die sonskyn en skaterlag in elke dag sal raaksien.
Dat die lourierblaar jou sal herinner
dat jy in Christus ‘n wenner is.
Dat jy in die blommeprag rondom jou
sal onthou dat klein dingetjies
sin aan die lewe gee.
Dat jy met passie sal lewe
en onvoorwaardelik soos
Christus sal liefhê.
Dat jy die goue draad van Sy genade
wat jou ewig deurvleg, sal raaksien.
Dat jy in die voetspore van Jesus sal leef en sy voorbeeld sal navolg.