Bulletin 17 – 23 November 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg
Dit (hierdie brood) is My liggaam; dit is vir júlle.
Gebruik dit tot My gedagtenis.
Hierdie beker (die wyn) is die nuwe verbond, wat deur My bloed verseël is.
Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.
(1 Kor 1124,25)

VANDAG
BIDDAG VIR BESKERMINGSDIENSTE
09:00 NAGMAAL
Deuroffers: Eljada Instituut
Peuterkerk tydens erediens
Kategese gr 1 – 10 tydens erediens
Geen tee

MAANDAG
18:00 Kerkraadsvergadering

DINSDAG
09:00 Biduur by Tuishuis

VOLGENDE SONDAG
09:00 Kinderdiens
Deuroffers: Dopelinge
Kinderdankofferkoeverte inhandig
KATEGESE AFSLUITING (uitdeel van sertifikate)

19:00 KERSSANGDIENS
Geskenke vir Behoeftige Lidmate
Deuroffers: Liefde Leef

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: 4 080-00
Deuroffers: R1 361-10
Getal lidmate in diens: 144 + inwoners van 2 ouetehuise

KERKRAADSVERGADERING
Onthou asb van die Kerkraadsvergadering Maandagaand, 18 November, om 18h00 in die Skooltjie.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
17/11 Hettie Muller, Tuishuis Siekeboeg
18/11 Emily Spies, Tabakstraat 12
19/11 Nelie Coetzer, Martinique Woonstel Nr 06
20/11 Eben Strydom, Tuishuis W/S 66
22/11 Hanna Nortje, Tuishuis Siekeboeg

0ns bid vir die volgende lidmate wat siek is,  aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Christa Lategan, Klein Karoostraat 14
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Issie Schnetler, Oudtshoorn Aftreeoord
Jackie Hoffman, Tuishuis woonstel 41
Johan Zaayman, Merimar W/S No 108
John Giddes, Tuishuis
Judy van der Berg, Gottlandhuis K41
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Markus Nortjie, Oudtshoorn aftreeoord 126
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Innige meegevoel met families en naasbestaandes wat geliefdes aan die dood afgestaan het:
Naasbestaandes en geliefdes van Dollie Strydom (Tuishuis) na haar afsterwe.
Naasbestaandes en geliefdes van Hannetjie du Toit (Gottlandhuis) na haar afsterwe.
‘n Troos- en dankdiens word Dinsdag om 10:00 in Gottlandhuis gehou.
Ina Kapp (Martinique woonstelle) met die afsterwe van haar skoonseun.

Kontak gerus jou leraar
Ds Smuts van Rensburg is beskikbaar en kan gekontak word as iemand die behoefte het om oor geestelike sake te gesels, op soek is na geloofsekerheid en geestelike leiding, behoefte het aan vertroosting, bemoediging en berading. Kontak hom in geval van ernstige siekte, hospitalisasie, dood en geboorte.

NOODSPENS:
Daar is asb.groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, ontbytpap,… Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205

KERSSANGDIENS
Sondag 24 November 19:00
Kerssangdiens met Woord en samesang deur gemeente saam met Belia Lourens (sangmaat van Manuel Escorsio) (CD’s na die diens beskikbaar)
Laat liefde leef deur ‘n geskenk saam te bring vir ons behoeftige lidmate.
Geselligheid na Kerssangdiens. Soos gewoonlik gaan ons as gemeente na die Kerssangdiens gesellig verkeer om ‘n koppie tee en ietsie te eet. Lidmate wat bereid is om ‘n bordjie eetgoed te bring (sout of soet), kan asb vir Mariaan van Rensburg laat weet (sms of whatsapp 0823197733)

Opwipmark 6 – 7 Desember
Verseker jou spasie by hierdie jaar se mark, kry jou aansoekvorm by kerkkantoor / opwipmark@gmail.com
Aansoeke sluit 25 November.
Gebruik hierdie kans om jou produkte / allegaartjies wat jy nie gebruik nie te kom verkoop. Jy betaal slegs vir jou stalletjiespasie, geen kommissie word afgestaan nie.

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Ondersteun asb hierdie projek. Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

ELJADA INSTITUUT
‘n Kerspartytjie word beplan vir Eljada op 16 Desember 2019. Kontant donasies of toiletware soos waslappies, tandepasta/borsels, ens word benodig. Skakel Miriam Bence by 0442727873. ‘n Baie groot Eljada dankie!!!!

NG Kerk Volmoed Vleisbasaar
Saterdag 30 November om 10:00 in die NG Kerk Volmoed Kerksaal. Kiosk open reeds om 09:00: Roosterkoek, Hamburgers, Poeding, Pannekoek, Koeldrank, Koffie, Tee. Navrae: Clara Mulder 084 504 3377

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

Klein Karoo OPWIPMARK 6 – 7 Desember
NG Moedergemeente perseel
VR 10:00 – 19:00
SA 9:00 – 14:00
TEETUIN en LIGTE ETES ELKE DAG
6 Des AANDETE: HOENDERBURGER @ R25
SIEN JOU DAAR!

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za

Om oor na te dink
As jy ryk wil voel,
tel al dié dinge wat jy het
wat nie met geld gekoop kan word nie.
(Anoniem)