Bulletin 16 – 29 MEI 2021

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.
GETUIENISMAAND

Ds Smuts Janse van Rensburg
PINKSTERTEMA: DIE PAD VAN ‘n LEWE WAT BEHEER WORD DEUR DIE HEILIGE GEES…  (soos gesien in die lewe van Petrus)

VANDAG
09:30 Erediens – Begin van Pinksterreeks
Deuroffers: Bybelverspreiding
Peuterkerk tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens
Kategese gr 4-10 na erediens – kom eers in kerk bymekaar
Kategese gr 11 na erediens in Skooltjie
18:30 Pinkster – Samesang vanaf 18:15
Deuroffers: Bybelverspreiding

PINKSTER
Sondag 16 Mei – Donderdag 20 Mei: Pinksterdienste om 18:30 Kom sing saam vanaf 18:15
Kom ons doen moeite om Pinkster getrou by te woon. Bid vir bekering, heiligmaking en geestelike groei!
Sondag 23 Mei: Pinksterfees en nagmaal 09:30 (LW, bring eie brood en wyn). Offergawes tydens Pinkster ten bate van BYBELVERSPREIDING (Bybelgenootskap)

MAANDAG 17 MEI – DONDERDAG 20 MEI
18:30 Pinkster – Samesang vanaf 18:15
Deuroffers: Bybelverspreiding
VOLGENDE SONDAG, 23 MEI
09:30 Pinksterfees en Nagmaal (LW A.g.v. Covid, bring asb eie broodjie en wyn)
Deuroffers: Bybelverspreiding
MAANDAG, 24 MEI
18:00 Kerkraadsvergadering
SONDAG, 30 MEI
09:30 Lofprysingsdiens (Ds Gerrit van Shalkwyk)
Deuroffers: Zimbabwe / Malawi / Mosambiek

Die kerkraad het dit goedgedink om Ds Smuts na Pinkster ‘n week af te gee. ( 25 – 31 Mei ) Indien u ’n leraar nodig het, skakel gerus vir Manus Blignault by 0829683675 en hy sal met ‘n Ringsleraar reël.

TOEGANG NA EREDIENSTE EN OPNEEM VAN OFFERGAWES
Al drie deure sal voortaan oop wees vir in- en uitgaan. (By al die deure sal sanitizer wees.) Moet asb nie by deure saamdrom nie – hou veilige afstand. Bankkollekte word met inkom in houer gemerk “Bankkollekte” geplaas. Deurkollekte word met uitgaan in houer gemerk “Deurkollekte” geplaas.

VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
22/05 Karel Meyer

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Anita Schoeman
Bettie Meyer
Issie Schnetler
Joana Minnie
Koos Cilliers
Magdaleen le Roux
Truia van Heerden
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.

MEI-MAAND = GETUIENIS-MAAND
Die Here het gesê dat Hy sy Gees op ons sal uitstort, sodat ons sy getuies kan wees (Hand 1:8) In Mei fokus ons op ons roeping tot getuienis.
Ons gaan nie hierdie jaar ‘n vormpie invul waarin ons ons tot geloofsoffers ten bate van getuieniswerk verbind nie. Lidmate wat ‘n bydrae vir getuieniswerk (sendingprojekte) wil maak, kan die bydrae in ‘n koevert gemerk “GETUIENIS” sit en dit op 30 Mei in die houer vir deuroffers gooi. Hierdie fondse sal uitsluitlik vir getuieniswerk (sending) aangewend word.

LIEFDE LEEF:
Daar is asb.groot behoefte aan blikkies kos, pasta, toiletware, warm klere en komberse vir die noodspens.
Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

COVID 19
Die virus is steeds met ons. Ons moet steeds versigtig wees en na ons eie en ander se gesondheid omsien. Daarom, kom ons hou by die voorgeskrewe veiligheidsmaatreëls: Maskers, sanitize en veilige afstand.

Registrasie van inenting teen Covid 19
Senior burgers (bo 60) wat by die Departement van Gesondheid wil registreer vir inenting, kan dit nou doen. Ons Liefde Leef Kommissie wil ons senior burgers wat graag wil registreer maar nie weet hoe of waar om dit te doen nie, met registrasie bystaan. Kontak asb vir Elaine Martin by 0761620804 – sy sal jou met liefde (en gratis) help om te registreer.

Bid saam met die Bybelgenootskappe
16-22 Mei:
Laos: Bid vir die span wat die kerk en die mense van Mianmar bedien. Bid dat die Woord van God vertaal sal word in tale wat die mense sal verstaan en ook beskikbaar sal wees in die formate wat hulle benodig. Bid ook vir geletterdheidsonderrig vir die armes en minderheidsgroepe wat hulle in staat sal stel om die Bybel in Laos te lees.
Kambodja: Bid steeds vir die projek, Living Word for Everyone, en ons geletterdheidsprogram. Bid ook vir die hersiening van die Khmer ‘Standard Version’ Bybel waaraan daar steeds gewerk word.
Viëtnam: Bid vir Bybelwerk wat hier gedoen word veral vir ons digitale aanbiedinge. Bid dat ons die Bybel as ‘n app beskikbaar kan maak en deur die gebruik van verskillende video-illustrasies kan vesprei. Bid dat dit by mense sal aanklank vind en dat dit Bybelbetrokkenheid sal aanmoedig.

23-29 Mei:
Swede: Bid dat die projek waarmee ons tienduisende kinders in skole bereik, vrugte sal afwerp. Bid ook vir ons pogings om ons eie mense asook immigrante met die Woord te bereik.
Noorweë: Bid vir Bybelgenootskapwerk in ons land en vir die verspreiding van Bybels en Bybelgedeeltes aan die kerke hier. Bid ook dat die boodskap van die Bybel ‘n aktiewe rol in die daaaglikse lewens van mense sal speel.
Finland: Bybelvertaling is van kardinale belang en ons werk tans aan ‘n projek wat die advisering, opleiding en gehaltebeheer van etlike vertalingsprojekte sal ondersteun. Bid vir wysheid vir almal wat betrokke is en bid ook vir ons projek wat geletterdheid onder vroue in Afrika help bevorder.

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

FINANSIȄLE JAARSTATE
Neem asb kennis dat die 2020/2021 Finansiële Jaarstate ter insae by die kerkkantoor beskikbaar is.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres.

JUNIE – MAAND VAN SPESIALE OFFERS
Agv Covid sal ons (weer) nie op 16 Junie ‘n gewone basaar kan hou nie. Ja, ons almal mis die saamwerk en samesyn van ‘n kerkbasaar, maar ons reken dat dit nie nou veilig is om basaar te hou nie.
Omdat dit die soveelste basaar is wat ons mis, gaan ons Junie-maand ‘n spesiale dankoffer insameling hou.
1. Kontantinsameling: Ons wil vra dat lidmate gedurende Juniemaand die bedrag wat jy vir die basaar sou bydra (kontant of bestanddele of items vir tafels), en die bedrag wat jy op die basaar sou spandeer, in ‘n koevert gemerk “BASAAR-OFFER” sal sit en dat jy dit in een van die houers vir offergawes sal plaas. (Jy kan dit natuurlik ook by die kerkkantoor inbetaal of per EFT oorbetaal.)
2. Woensdag 16 Junie Deurry-Wegneem-Bederfboksie: Ons gaan wel weer op 16 Junie ‘n deurry verkoping hou – vanaf 12:30 tot 13:30. (Ry aan SPAR se kant by parkeerterrein in, betaal en ontvang jou bederfboksie. Ry aan Kampstraat se kant van parkeerterrein uit.)
Soos altyd gaan jy weer baie goeie waarde vir jou geld kry. Jy kry ‘n braai-ete (lamstjop, hoendersosatie, wors, roosterkoek, wortelslaai, aartappelslaai) asook basaarpoeding én ‘n stukkie plaatkoek @ slegs R100!
Bestellings: Bestellings moet asb vooraf geplaas word @ Vrydag 11 Junie voor 13:00 by Louise de Kock – sel no 0845744933.
Bydraes en hulp: Dit sal wonderlik wees as jy ‘n bydrae kan maak en/of behulpsaam kan wees. Die volgende bydraes/hulp is welkom:
Bydraes vir en hulp met braai – kontak Deon de Kock 0828560524
Bydraes (bestanddele) vir en hulp met wortelslaai – kontak Elizabeth Verwey 0782503583
Bydraes (bestanddele) vir en hulp met aartappelslaai – kontak Mariaan v Rensburg 0823197733
Bydraes vir en hulp met basaarpoeding – kontak Ellen Marais 0822145910
Bestanddele vir of hulp met bak van plaatkoek – Louise de Kock 0845744933
3. Pannekoek 16 Junie: Daar gaan ook op 16 Junie 12:30 – 13:30 op die parkeerterrein (op ‘n ander punt as bederfboksie) pannekoek te koop wees. Jy kan jouself (of iemand anders) dus behoorlik bederf!
Bydraes van bestanddele (koekmeel, kookolie, eiers, suiker, ens) asook hulp met bak van pannekoek – kontak Marie Verwey 0829464087 LW: Alle bestanddele moet asb voor/op 9 Junie by kerkkantoor afgegee word!

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank ; Rek no 1752044630, takkode 175205

In aansluiting by Pinkstertema
Laat ons nie stilstaan by die eerste dinge wat aangaande Christus verkondig word nie, maar verder gaan na die volle inhoud van die boodskap. (Hebr 6:1)

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za