Bulletin 16 – 22 Februarie 2020

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.
Liefde Leef Maand

Ds Smuts Janse van Rensburg
Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie…  Jou linkerhand moet nie eers weet wat jou regterhand doen nie… (Mat 6:3)

VANDAG
09:00 NAGMAAL
Deuroffers: Gemeentebediening
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese gr 1-3 tydens erediens.
Kategese Gr 4-10 na erediens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer

DINSDAG
08H45 & 10H00 Bybelstudie in konsistorie.

SATERDAG
10h00 Lektuurverspreiding

VOLGENDE SONDAG
EERSTE LYDENSWEEK
09:00 Dankseggingsdiens
Deuroffers: Gemeentefonds

KERKRAADSVERGADERING 27 Februarie om 18h00 in die Skooltjie.

Lektuurverspreiding
Moedergemeente wil graag die liefde van ons Heer met Oudtshoorn se mense deel. Ons doen dit deur die uitdeel van traktaatjies. Lidmate is welkom om by die span te kom aansluit wat op Saterdag 22 Februarie vanaf 10:00 – 11:00 met die Goeie Nuus die strate van Oudtshoorn gaan invaar. (Ons ontmoet mekaar om 10:00 by die konsistorie.)

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R5 582-00
Deuroffers: R1 597-50
Getal lidmate in diens: 262 + inwoners van 2 ouetehuise

Praktiese dade van diensbaarheid
Daar is mense wat siek en verwond is wat langs die pad lê. Daar is mense met geestelike en emosionele nood. Hierdie mense se swaarkry moet ons aangryp en aanspoor tot praktiese dade. Ons kan vir mense wat swaarkry bewus maak van God se liefde deur iets vir hulle te gee of vir hulle te gaan doen. Besoek ‘n eensame mens en gee iets om te eet vir ‘n honger persoon. Gee tyd vir ‘n mens wat verwerping beleef en sit jou arm om iemand se skouers en druk hom vas. Gaan bid vir ‘n sieke en vat kos en klere vir iemand in nood. Skryf ‘n e-pos of stuur ‘n sms van bemoediging. Gaan kuier vir iemand of gaan drink saam ‘n koppie koffie. Help met die skottelgoed of die uitpak van stoele. Ry iemand se kinders aan of gaan koop kruideniersware vir ‘n persoon. Deel ‘n traktaatjie uit of koop vir iemand ‘n Bybel.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
21/02 Kleintjie van Niekerk, Tuishuis woonstel 72

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Anna Olivier, Oxfordstraat 20
Doreen Snyman, Hillstraat 102
Cynthia Engels, Elsonlaan 407
Lisbé de Villiers, Noordstraat 108
Pieter Esterhuizen, Reservestraat 103
Sidney Stander, Badenhorststraat 06
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

BIDURE TUISHUIS en GOTTLANDHUIS
Bidure hierdie kwartaal:
Tuishuis:
Don 5 Mrt om 09:00
Gottlandhuis:
Don 12 Mrt om 09:00

EERSTE KWARTAAL BELANGRIKE DATUMS
22 Februarie: Lektuurverspreiding
6 Maart : Wêreldbiddag vir Vroue (Park)
7 Maart : Wêreldbiddag vir Mans
9 – 10 Maart : Kantoor gesluit vir Oudit
29 Maart : Lofprysingsdiens – Jan de Wet

Wêreldbiddag vir Vroue 2020
Vrydag 6 Maart by NG Kerk Oudtshoorn Park om 10:00
Tema: “Staan op! Neem jou slaapmat en loop.”
Die wêreldbiddag is ’n wêreldwye ekumeniese beweging van Christenvroue, -mans en kinders wat jaarliks bymekaarkom om ’n besondere dag van gebed te vier. Regoor die wêreld in 170 lande word dieselfde tema gevier. Ons wil al die vrouens hartlik uitnooi om saam te kom bid.  Bring asseblief julle huiswerkers saam. Kollekte word opgeneem.

Wêreldbiddag vir Mans
Saterdag 7 Maart om 06:30 kom ons mans in die Skooltjie bymekaar om saam met baie ander Christenmans wêreldwyd voorbidding te doen vir verskeie sake. Nooi ook jou vriende van ander gemeentes en kerke om saam te kom bid.

Kontak jou leraar
In Moedergemeente leef ons ons leuse uit: Liefde leef! Lidmate word toegerus en geroep om die Heer se liefde uit te leef deur mekaar se laste te dra, mekaar by te staan, mekaar te bemoedig en mekaar te vermaan wanneer nodig. Ons is dus nie ‘n dominee-gemeente nie, maar wel ‘n gemeente waar lidmate mekaar bedien.
Maar dit mag ook wees dat lidmate behoefte het aan ‘n geestelike gesprek met die predikant. Neem vrymoedigheid om ds Smuts van Rensburg te kontak as jy ‘n behoefte daaraan het – 0829216854. Kontak hom asb ook as jy bewus is van geestelike of fisiese nood, ernstige siekte of dood.

Nuwe lidmate
WELKOM aan alle nuwe lidmate in Moedergemeente. Dis ons bede dat julle in Moedergemeente ‘n geestelike tuiste sal vind waar julle die Here se liefde beleef, en waar julle deur diensbaarheid en betrokkenheid geleentheid sal vind om die Heer se liefde uit te leef.  Mag julle saam met Moedergemeente groei in julle kennis van die Here en sy Woord, en so ook in julle liefde vir Hom!
By die deure is ‘n vormpie vir nuwe intrekkers wat jy kan invul. Jy is ook welkom om ‘n draai by die kerkkantoor te maak (Maandae tot Vrydae 09:00 – 11:00), of om met ds Smuts van Rensburg kontak te maak (044 279 1679 / 082 921 6854).

‘n Rand-‘n-jaar-projek
Die gedagte met die rand-‘n-jaar-projek is dat jy, in die maand waarin jy verjaar, R1 vir elke lewensjaar wat die Here jou gespaar het, in ‘n koevert sit. Daardeur sê jy vir die Here dankie vir die lewe en vir nog ‘n jaar wat Hy jou gespaar het. (Dit is ‘n vrywillige saak. Jy mag natuurlik ook minder of meer as R1 vir elke lewensjaar in die koevert sit.) Koeverte is in die portaal of by die kerkkantoor beskikbaar en kan Sondae tydens die erediens of in die week by die kerkkantoor ingehandig word.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

Bybelstudiegroep
Ds Smuts oorweeg om in die tweede kwartaal met ‘n Bybelstudiegroep te begin. Hy verneem graag of daar lidmate is wat belangstel om by so ‘n groep in te skakel. Lidmate van alle ouderdomme is welkom. Kontak ds Smuts as jy belangstel, en meld of jy sal verkies dat die groep in die oggend of aand bymekaar kom. (Stuur teksboodskap na 0829216854.)

NGK Volmoed Dankfees
Saterdag 29 Februarie om 11:00 in Volmoed Kerksaal. Kiosk reeds oop vanaf 10:00.
Etekaartjies (2 tjops, wors, 2 slaaie en broodjie) @ R65 beskikbaar by Wikus (084 956 8254) / Johan (083 236 3456) /Adri (072 037 0090)

Liefde Leef benodig asb:
Wol & Lappe / Kinderklere / Aandrokkies / Toiletware / Beddegoed / Kombuisware / Meubels.  Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

SONDAG 5 APRIL OM 16:00
Die Passie van ons Heer – met Woord, lied en musiek.
Ons is bevoorreg om op die sewende Lydenssondag, 5 dae voor Goeie Vrydag, op hierdie besondere manier na te dink oor die pad wat ons Here Jesus in ons plek geloop het.
Ons ontvang besoek van ‘n uitgelese musiekgroep van George (o.a. orrelis dr Gerrit Jordaan en pianis Dalene Brits) wat ons kom bedien. Slegs kollekte by deure. Nooi jou vriende om hierin te deel.

Om oor na te dink
God het ‘n plek in sy kerk waar al jou vermoëns kan skitter,
en waar jy ‘n verskil kan maak.
Dit hang van jou af om daardie plek te kry.
(Rick Warren)

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 : Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za