Bulletin 14 – 27 April 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Gerrit van Schalkwyk
Tema: Die Here is die God van tweede kanse.
Teks: Lukas 15: 1 – 3 & 11 – 32

VANDAG
SEWENDE LYDENSWEEK
09:30 Erediens
Deuroffers: Gideons
Kinderdankofferkoeverte inhandig
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na kerkdiens.
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer

DONDERDAG, 18 APRIL
09:00 Biduur by Gottlandhuis
09:00 Biduur by Tuishuis

VRYDAG, 19 APRIL
09:30 NAGMAAL
Deuroffers: Getuienis

SONDAG, 21 APRIL
PAASFEES
09:30 Paasdiens
Deuroffers: Gemeentefonds

DINSDAG, 23 APRIL
18:00 Eiendomskommissie

SONDAG, 28 APRIL
09:30 Afskeidspreek:
Ds Gerrit van Schalkwyk
Deuroffers: Gemeente-ontwikkeling

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R6 406-20
Deuroffers: R1 709-20
Getal lidmate in diens: 297 + inwoners van 2 ouetehuise

LYDENSWEKE

14 Apr Week 7
Kanselkleed : Dit is volbring
Rympie:
Dit het Hy alles vir óns verduur!
Toe Sy asem Hom verlaat om 3 uur,
roep Hy hard : “Dit is volbring!”
En eers tóé eindig Sy lyding.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
14/04 Hannetjie du Toit, Gottlandhuis K 25
14/04 Thys Nel, Cutrisstraat 1
16/04 Vera Schoeman, Tuishuis 10
17/04 Martie Slabbert, Millenniumpark Siekeboeg
21/04 Dries Liebenberg, Mellvillestraat 49
22/04 Christine Matthews, Oudtshoorn Aftreeoord Siekeboeg
26/04 Susan Herselman, Tuishuis W/S 31

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Bossie Boshoff, Hoogstraat 206
Marinda Boshoff, Hoogstraat 206
Deon Briel, Adderleystraat 203
Ona du Plessis, Jakarandalaan 29
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

Afskeid ds Gerrit en Ilsa
Op Sondag 28 April, na meer as 31 jaar diens in die gemeente, lewer ds Gerrit sy afskeidspreek en neem ons afskeid van hom en Ilsa. Na die diens sal daar ’n gesellige geleentheid wees waar lidmate ds Gerrit en Ilsa kan groet. ALMAL is welkom – by die erediens en die gesellige geleentheid. (LW, dit is nie ’n tuisnaweek nie. Daar gaan wel nie kategese wees nie, sodat almal – ook die kinders – geleentheid kan kry om die gesellige geleentheid by te woon.)

KOMMISSIEVERGADERINGS
Eiendomskommissie:  Dinsdagaand, 23 April, 18h00 in die Skooltjie.
Jeugkommissie:  Sondag, 05 Mei, 11h15 in die konsistorie.
Gemeentebediening:  Maandagaand, 06 Mei, 17h30 in die Skooltjie.
DVK & Finanskommissie: Dinsdagaand, 07 Mei, 17h30 in die kerkkantoor.

KERKRAADSVERGADERING
20 Mei, 18h00 in die Skooltjie.

Verkiesing van Kerkraadslid
Op ‘n kerkraadsvergadering, gehou op Maandag 25 Februarie, is die volgende lidmaat tot die kerkraad verkies: Diaken: Wynand Malan

Belangrike datums hierdie kwartaal

• 19 April GOEIE VRYDAG
• 21 April PAASFEES
• 28 April AFSKEID ds Gerrit en Ilsa
• 1 Mei (Woensdag) BASAAR
• 30 Mei (Donderdag) HEMELVAART
2 – 9 Junie PINKSTER & PINKSTERFEES

BASAAR :
Op 1 Mei, Werkersdag, gaan ons almal lekker saamwerk om ons DANK teenoor die HERE met ‘n vrolike fees te vier.  Kafee : 10vm. Saaldeure : Maak eers 11vm oop! Ete : 11:30 vm.

Basaar benodig asb :
* Bierboksies
* groot gazebo
* kleinkoekies , enkellaag grootkoeke , kleiner melkterte en kleiner grootkoeke
* hout

Basaarlyste :
Tyd is bittermin. Neem asb u lys en besorg terug voor 25 April. Dankie!

ETEkaartjies :
Te koop by kerkkantoor @ R 65
[ 2 tjops, sosatie, wors, 2 slaaie, roosterkoekie ]
Kaartjies is ook na die erediens in die konsistorie beskikbaar.

KINDERTAFEL
Span jul kreatiwiteit in en maak lekker interessante goedjies wat mooi versier is vir die kindertafel.  Enige lekkergoed soos: Smarties,malvalekkers,chips, versiersuiker, ens. sal ook waardeer word.

Ons begin reeds vroeg met WIT OLIFANTE.
Pak jou kaste, laaie, rakke, kamers en garage reg en raak van ALLES ontslae wat nie meer vir jou van nut is nie.  Gee asseblief so spoedig moontlik by die kerkkantoor af.

Tuintafel
Ons sal ook baie dankbaar wees vir skenkings van vetplantjies, skraalplantjies, enige plantjies!!!

DIENS VAN BARMHARTIGHEID:
Dit raak nou weer winter en ons benodig asb sop, warm klere en komberse. Ons benodig ook asb roomysbakke en margarine bakke vir sop.
Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

NG Kerk Ring van Oudtshoorn
Lidmate van alle Christelike kerke word uitegnooi na ‘n VEROOTMOEDIGINGSDIENS Sondag 28 April om 18:00 in NG Kerk Park (Buitekantstraat)
Droogte, verkiesing, armoede, korrupsie, misdaad, geestelike en morele verval… Kom ons verootmoedig ons voor die Here en buig in gebed voor Hom.

BASAAR – WOENSDAG, 1 MEI

Groot dank aan die volgende konvenors.

Konvenors wat wag dat u aanmeld :
Kafee                      Sonja MacKay  (082 904 2137)
Kinders                 Noeline Grundling  (072 371 1716)
Pannekoek           Marie Verwey  (082 946 4087)
Poeding                Ellen Marais  (082 214 5910)
Gebak                    Margaret v Rensburg  (084 515 8799)
Elaine Martin  (076 162 0804)
Rou vleis              Deon en Marie Briel  (083 701 5538)
Braaivleis             Michael v Deventer  (084 584 7882)
Hotdogs               Juliana Struwig  (084 563 7362)
Pot                        Marius Strydom  (071 135 0517)
Tuintafel             Lenie de Vos  (082 340 4891)
Wit Olifante       Anita Koen  (083 294 8739)
Koeldrank          Riaana v Deventer  (084 583 9146)
Groente              Ben Meyer  (073 2295 259)

Om oor na te dink
Here, ek bring my tyd na U toe.
Maak asseblief uit die brak en
smaaklose water van my gejaagde
ure geurige, vol, ryk wyn – soos
daardie dag in Kana – sodat ek ander
se dors daarmee kan les.
(Michel Quoist)