Bulletin 12 – 25 Mei 2019

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

GETUIENISMAAND
Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels:
doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees,
en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
(Mat 28:19,20)

VANDAG
Moedersdag
09:30 Erediens Ds Charl du Plessis (Bergsig Gemeente George)
Deuroffers: Getuienis
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese uitstappie Gr 1 -10 na DBV
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.
Tee na afloop van die diens in Braaikamer

MAANDAG
17:30 Diensverhouding en Finanskommissie vergadering

SONDAG, 19 MEI
09:30 Erediens Ds Johan Engelbrecht (Hartenbos)
Deuroffers: Zimbabwe / Malawi / Mosambiek
Verbintenis tot geloofsbelofte-offers
GEEN KATEGESE

SONDAG, 26 MEI
GASVRYHEIDSSONDAG
09:30 Lofprysingsdiens
Deuroffers: Getuienis

Belangrike datums hierdie kwartaal
30 Mei (Donderdag) HEMELVAART
2 – 9 Junie PINKSTER & PINKSTERFEES

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte: R5 682-00
Deuroffers: R1 447-70
Getal lidmate in diens: 266 + inwoners van 2 ouetehuise

Sinode Wes-Kaapland
Bid asb vir die sinode wat hierdie week van Maandag tot Vrydag by Goudini vergader.
Ons gemeente word verteenwoordig deur ds Smuts van Rensburg en kerkraadslid Isma van Tonder.

KOMMISSIEVERGADERINGS
DVK & Finanskommissie: Maandagaand, 13 Mei, 17h30 in die kerkkantoor.
KERKRAADSVERGADERING 20 Mei, 18h00 in die Skooltjie.

Iemand in nood
As die Here dit op jou hart lê om ‘n senior burger in nood finansieel te ondersteun, kontak asb vir ds Smuts.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
12/05 Anna van der Walt, Tuishuis W/S 26
14/05 Elna Coetzee, Jan Van Riebeeckweg 211

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Lydia du Plessis, Jan van Riebeeckweg 35
Toekie Blignault, Gottlandhuis K38
Elize Matthee, Bellinganhof Blok C nr 2
Chris Stander, Middelweg 34
Alet Conradie, Hooper w/s 1
Dawid Bresler, Loopstraat 14
Al ons lidmate wat in die onderskeie siekeboë van aftreeoorde versorg word.

MEI – GETUIENISMAAND
Gedurende Mei dink ons as gemeente weer na oor ons roeping om as medewerkers in die Koninkryk getuies van die evangelie te wees.

Sondag 12 Mei: Ds Charl du Plessis George Bergsig Gemeente
Ons hoor van George Bergsig se getuienisaksies

Sondag 19 Mei: Ds Johan Engelbrecht Hartenbos Gemeente
Ons hoor van Hartenbos se getuienisaksies
Ons verbintenis tot geloofsbelofte-offers

Sondag 26 Mei: Ds Smuts vRensburg Gasvryheidsondag – bid nou al oor wie jy gaan nooi om as jou gas saam met jou die erediens by te woon.

Verskoning vir ongerief
Die kerkraad beplan om binnekort noodsaaklike instandhoudingswerk in die kerk te doen. Die mat in die portaal van die Kerkstraat-portaal is verwyder om beskadiging te voorkom en sal eers vervang word na afhandeling van herstelwerk. Die kerkraad vra om verskoning vir enige ongerief.

Om oor na te dink
Elke keer as jy vir iemand glimlag,
is dit ‘n daad van liefde,
‘n geskenk vir daardie persoon,
‘n pragtige gebaar.
(Moeder Teresa)

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 :   Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 :    Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 : Epos: ngoud@mweb.co.za : www.moeder.co.za