Bulletin 11 – 17 April 2021

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Gerrit van Schalkwyk
Teks: Ps 139   Tema: Maskers af!!! Ten spyte van dat die Here ons deur en deur ken, bly Hy LIEF vir ons!
Baie welkom aan ds Gerrit van Schalkwyk wat vandag se erediens waarneem.

VANDAG
09:00 Erediens
Deuroffers: Gemeentefonds
09:00 Peuters en Kategese gr 1 – 10 tydens erediens (Kinders gaan direk na grasperk voor saal)

SONDAG – 18 April
09:00 Erediens
Deuroffers: Gemeente Jeug
09:00 Peuters en Kategese gr 1 – 10 tydens erediens (Kinders gaan direk na grasperk voor saal)
Belydenisklas na erediens in Skooltjie.

EREDIENSTYE
Neem asb kennis dat eredienstye eers verander vanaf 9 Mei na 09:30

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:
Baie geluk aan almal wat verjaar … Seën, vrede en vreugde word U toegewens….
11/04 Lydia Serfontein
14/04 Thys Nel
16/04 Vera Schoeman
17/04 Martie Slabbert

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Franswa Stassen
Gerald Crook
Stanley van Rensburg
Werner (Tarra) du Plessis
Lidmate wat behandeling vir kanker ontvang.
Lidmate in siekeboë van ouetehuise en aftreeoorde.
Bid asb ook vir ons dokters en ander verpleegpersoneel.

Innige meegevoel met:
Marie Stander met die afsterwe van haar haar man, Sidney. Mag jy waarlik die troos van ons Heer beleef!

NUWE INTREKKERS
Indien u ‘n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom! U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos. Ds Smuts sal u dan so gou moontlik besoek.

LIDMAAT GEGEWENS
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnommer, telefoonnommer of adres verander.

DIENS VAN BARMHARTIGHEID
Ons benodig asb blikkies kos, pap, pasta, sop, ens… Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

Herstelwerk aan CJV-saal
Die kerkraad het besluit en begroot om hierdie jaar noodsaaklike herstelwerk aan die CJV-saal te doen. Daar word Maandag daarmee begin en dit sal ongeveer 3 weke neem om te voltooi.

DANKOFFER ELEKTRONIES
Dit sal die kerkraad baie help om beter te beplan oor die fondse indien u u maandelikse dankoffer via debietorder of internet inbetaal. (U moet asb self by die bank reël ivm die debietorder) Dankie vir u begrip.

Gedagte vir die week
Solank jy weet God staan by jou, maak dit nie saak wie teen jou is nie.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank
Rek no 1752044630, takkode 175205
Ons het kaartfasiliteit by die Kerkkantoor beskikbaar.

Leraar: Ds Smuts Janse van Rensburg: Tel: 0442791679 : Sel: 0829216854
Kerkkantoor: Tel: 0442723130 :   Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 :      Epos: ngoud@mweb.co.za :       www.moeder.co.za