Beste Besoeker / Lidmaat

Welkom by Moedergemeente se voorportaal! Vanaf 1853 stap gelowiges al deur die gange en kamers van die gemeente. Dit lyk nie oral meer dieselfde nie, maar die kerk behoort nog aan dieselfde Eienaar: Jesus Christus! Ons is ’n gemeente wat baie bewus is van die Here se genade en liefde. Daarvan getuig ons visie en leuse: Liefde Leef!

Indien jy ’n nuwe intrekker, besoeker, nuuskierige is of sommer net iets wil weet, hoop ons jy kom reg in een van die gange en kamers uit die portaal. As jy nie regkom nie, neem asb vrymoedigheid om enige leraar of die skriba te kontak. Hulle besonderhede sal jy kry onder : Kontak Ons.

Geniet die uitstappie!

Logo van NG Moedergemeente